Blog

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Gans-Berg Nuus / News

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

“Na baie traumatiese ervarings gedurende die afgelope 8 jaar in Gansbaai om Huis Mattanja te begin en te bedryf voel ek dat ek my roeping hierheen volbring het,” het Aleyda Brandt, suster en bestuurder van Huis Mattanja aan die Gans-Berg Nuus gesê. "Ek en my seun, Tony, het met niks hier begin - ‘n leë dop, en die Tehuis opgebou na wat dit vandag is.” Sy sê sy het bereik wat sy beplan het en voel dit is nou die regte tyd om terug te keer na Kuilsrivier - “dit is waar ek vandaan kom en, al is dit met heimweë, voel ek opgewonde om weer by my vriende, kinders en kleinkinders aan te sluit.” Die persoon wat haar skoene voortaan sal moet volstaan, is Angela van der Merwe, met Tony wat as eienaar aanbly.

Tony, ‘n gevestigde besigheidsman, is die eienaar en het die nodige finansies voorsien en sy ma met raad en daad bygestaan. “Ek het niks van besigheid af geweet nie en het myself geleer vir wat gedoen moes word,” het Aleyda gesê. “Dit was Tony wat die leiding verskaf het.” Sy vertel dat hulle die Tehuis sowat 5 jaar gelede geopen het - met net een inwoner. Sy het dagdiens gewerk en Christelle Wiese nagdiens. Intussen het die inwonergetal na 17 gegroei. Baie moeite is gedoen om die Tehuis nie soos ‘n “Ouetehuis” te bedryf nie, maar soos ‘n “Leefhuis” - ‘n doel waarin sy deeglik geslaag het. Dit staan die inwoners vry om te doen wat hulle wil. Daar is ook ‘n afdak in die netjiese tuin agter die Tehuis gebou, met ‘n ‘round system’ vir rustige musiek binne en buite die gebou. Nicolette Bosch van Gansbaai Books is Aleyda se suster en het ook die afskeidsfunksie bygewoon. 

Aleyda het sowat 35 jaar in Kuilsrivier gewoon,waarheen sy op Saterdag, 2 September 2023 teruggekeer het. Aleyda het vir 27 jaar as Hoof Verpleegkundige by Stikland Hospitaal in Bellville gewerk en na haar aftrede in Kuilsrivier aangebly. “Nou sien ek uit na my ‘2de’ aftrede in Kuilsrivier,” het sy gesê. “Ek gaan beslis nie stilsit nie en daar is baie wat ek nog wil doen.” Behalwe dat sy aan vrywillige dienslewering aan instansies dink, wil sy graag weer vry wees om beskuit te bak, in haar tuin te werk en aandag aan haar kinders en kleinkinders te gee. Aleyda het 3 seuns en 2 kleindogters, onderskeidelik 7 en 17 jaar oud.

 
Hardus Botha
Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles