Vlnr is Petrus du Preez, Piet Smit, gospelsanger en Coenie en Simoné Fourie
Die bekende gospelsanger, Piet Smit, het onlangs in die NG-Kerkgebou voor ‘n groot gehoor opgetree. Sy optrede is deur Petrus du Preez van die NG-gemeente Pearly Beach ten bate van hulle boufonds gereël.
Gedurende sy optrede het Piet op sy album, Eerste Liefde, gefokus. Piet het daarin geslaag om die gehoor se aandag vas te vang met ‘n kombinasie van sy persoonlike getuienisse en die sing van sy liedere.
Sy openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70's as agtergrondsanger in Pretoria begin. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere toespits. Sedertdien het hy al verskeie albums die lig laat sien, waarvan 5 reeds goue status bereik het. Piet se bediening fokus op innerlike genesing en hy het ‘n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Hy benut sy eie persoonlike geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit met sy liedjies in ‘n getuienis waarmee die meeste luisteraars kan vereenselwig.
Die betekenisvolle aand is met verversings en ontspanne gesprekke met Piet in die Kleinsaaltjie afgesluit. “Baie dankie aan almal wat by die verkoop van kaartjies betrokke was, maar veral dankie aan my twee regterhande, Coenie en Simoné Fourie van Pearly Beach.
Hardus Botha
Piet Smit uitstekend
27 December 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...
Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat
Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!












