Blompark Tuinboukompetisie

Blompark Tuinboukompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die deelnemers aan Gansbaai Toerisme se Tuinboukompetisie, met heelagter vlnr Johan Pieterse (voorsitter), Glenda Kitley (bestuurder), Gina Boysen en Katriena Adams heel regs, met “Oom” Freek (2de) links van haar. Voor (middel) sit Johnny Dyk (1ste) tussen die 3de prys-delers Nettie Kapot en Piet Temmers. .  (Foto: Johan Pieterse)

Die Tuinboukompetisie in Blompark, wat deur Gansbaai Toerisme se Ontwikkelingsportefule aangebied is, het suksesvol verloop en elf huishoudings het deelgeneem. Die twee betrokkenes van die Ontwikkelingspan is Gina Boysen wat vir Masakhane verantwoordelik is, terwyl Katrina Adams na Blompark omsien. Katrina het die inwoners van Blompark vir mooi tuine, groentetuine ingesluit, gemotiveer en haar tema was “Maak die mense van Blompark trots op Blompark”. Die resultate van die kompetisie was baie positief en puik tuine en groentetuine het in die proses tot stand gekom. “Ons vertrou nou dat hierdie resultate daartoe sal bydra dat die projek volgende jaar sal groei en dat meer inwoners daaraan sal deelneem,” sê Gina.

Die 1ste prys is deur Johnny Dyk verower, met “Oom” Freek, ‘n pensioenaris 2de. Die 3de prys is deur Piet Temmers en Nettie Kapot gedeel. “Nettie het beslis groenvingers en elke stiggie wat sy insit, groei,” vertel Katrina. Die res van die deelnemers het elkeen ‘n troosprys (sjokolade) ontvang vir die moeite wat hulle gedoen het. Gina sê sinvolle wenke is ook tydens die proses aan deelnemers oorgedra. In Masakhane fokus Gina hoofsaaklik op die aanplant  van groente by Masakhane Primary School.

Eko-skole het gehelp om draad, pale en nette vanaf I&J te kry vir die omheining van die groentetuin en die “planters” was me Zweni, die Ekogroepie en Gina. Die span het ook ‘n borgskap van Gansbaai Toerisme ontvang vir ‘n taxi na die Klipgatgrotte, waar hulle sommer baie geleer het. Die Ontwikkelingspan verleen ook elke Woensdag hulp met ekstra Engelse- en Wiskunde klasse.

Hardus Botha

Blompark Tuinboukompetisie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles