Bootklubnuus

Bootklubnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Bootklub het Saterdag 14 Desember hul jaarlikse Junior dag aangebied. Daar het 10 kinders deelgeneem tussen die ouderdom van 6 – 14 jaar. Die jong hengelaars is 7uur die oggend uit en het teen 12uur die middag die skaal kom besoek. Daar was nou nie “groot” vis by die skaal nie maar ten minste het die meeste ingeweeg.

Agter: Werner van Zyl, Robin Searle, Rebert Dahl, Jan Kotze en Christiaan van Zyl. Voor: Quin Searle, Christof Dahl, Johannes Hanekom, Divan Burger en Morne Nortje

DP Burger, Gustav Groenewald en Richad Searle het gesorg dat die kinders veilig see toe en terug is. Met die hulp van Erik Dahl, Stephen Ashlin en Chris Fourie kon die kinders darem lyn in die water sit en visvang terwyl die 3 manne moes anker trek en hand bysit. 

Die aand was ook Overberg Bootklub se jaar eind funksie. Daar was lekker gekuier gedans en geëet, maar dit was nie al waaroor die aand gegaan het nie. Die prysuitdeling was die hoogtepunt. Die manne en dame is beloon vir hulle groot vangste die afgelope jaar. Die person met die swaarste vis van die jaar is Johan van Zyl met 'n geelbek van net oor die 6 kg en met 'n 3 kg lyn. Mooi so, Johan. Die Top 3 plekke gaan aan die volgende persone: 3de Chris Fourie, 2de Gustav Groenewald en 1ste plek gaan aan Stephen Ashlin. Junior met die swaarste vis was Robert Dahl en top Junior was Werner van Zyl. Sportman en -vrou was Stephen Ashlin en Amanda van Staden. Kom ons hoop dat 2014 nog 'n susesvolle hengeljaar vir almal mag wees.

Baie geluk aan ons nuwe komitee vir 2014. Voorsitter Stephen Ashlin, Onder-voorsitter Gert du Plessis, Sekretaris Marzaan Middelton, Tesourier Riaan van Staden, Kompetisie beampte Erik Dahl Radio en veiligheid Koos de Kock en  Kroegbestuurder Wayne Middelton.

Vlnr: Morne Nortje, Divan Burger en Johannes Hanekom

Bootklubnuus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles