Twee drenkelinge gered

Twee drenkelinge gered

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die drie helde, Marnus Coetzee, Arné Broodryk en Wessel van Hansen.

Twee persone, ‘n 15-jarige seun en ‘n ouer dame is op Donderdag, 26 Desember deur die vinnige optrede van drie jongmanne van ‘n gewisse verdrinking by Pearly Beach gered. Die seun, Jandré Beukes (15) van Hermanus, het in die moeilikheid beland, waarna ‘n onbekende dame ingeswem het om hom te red, maar toe self in ernstig moeilikheid beland het. Die voorval het by die strandgedeelte langs Castle Beach, rigting Uilenkraalsmond, tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind.

Jandré Beukes het daar geswem en in die moeilikheid beland nadat die sterk seestroom hom tot agter die eerste branders meegesleur het. Die onbekende dame het ingeswem om hom te help, maar het haar met die krag van die seestroom misgis en self in die moeilikheid beland. Martin Coetzee van Brackenfell se seun, Marnus Coetzee (17), ‘n leerder aan die Hoër Landbouskool Boland en sy vriend, Wessel van Hansen (21), ‘n student aan die Northlink College, was op die toneel. Hulle het gesien dat pogings om die twee drenkelinge, “wat reeds besig was om te verdrink”, met ‘n bootjie te red, onsuksesvol gaan wees. Hulle het flink gedink en eers hulle duikpakke vinnig aangetrek voordat hulle ingeswem het. Jandré Beukes is eerste gered en in ‘n half-bewustelose toestand strand toe gebring en was baie deurmekaar en in ‘n geskokte toestand.

Die twee jong manne is dadelik terug vir die dame, maar is gelukkig deur Anré Broodryk (16), een van die lewensredders wat intussen daar aangekom het, asook ‘n onbekende man, bygestaan. Die dame is deur die vier van hulle strand toe gebring. Sy was eweneens in ‘n erge toestand van skok gewees. Jandré, wat so byna-byna verdrink het, kon nie vir ‘n onderhoud opgespoor word nie. Sy ouers het kort ná die voorval hulle vakansie kortgeknip en is terug na Hermanus. “Indien hierdie reddingsaksie met enkele minute vertraag sou gewees het, sou altwee hierdie persone sonder twyfel verdrink het,” het Martin Coetzee gesê.                 
                                                                                                                                  
Hardus Botha

Twee drenkelinge gered

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles