Karavaanparke floreer

Karavaanparke floreer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Karavaanpark, met Charlie Nouwers se self-geskepte staanplek, De Kat, in die voorgrond

 “Kampeerders het reeds vanaf die 14de Desember begin aankom, maar ons besige tyd het op 20 Desember begin,” vertel Charlie Nouwers, Bestuurder van Gansbaai Karavaanpark. Sy eggenote, Liz, is sy regterhand met die administrasie en sy sê soos op 20 Desember was daar sowat 37 kampeerders in die kamp. “Daar is 54 staanplekke, maar 5 is onbruikbaar ná die onlangse oorstromings,” sê Liz. Sy sê daar is nog sowat 19 besprekings wat moet inkom. Die egpaar is vanjaar baie meer tevrede met die sekuriteitsreëlings en tot op datum was nog geen voorvalle van inbrake of ander probleme nie.

Charlie vertel dat hy op eie houtjie ‘n nuwe staanplek (die 55ste een) geskep het. Hy noem dié staanplek “De Kat” - vernoem na mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, vir al sy hulp en ondersteuning ná die oorstromings. Tot en Isabel Fourie van Strandskloofpark vertel met dankbaarheid dat hulle karavaanpark met sy 62 staanplekke weer stampvol is. Johan Botha, Bestuurder van Uilenkraalsmond Vakansie Oord, sê dié oord is ook stampvol en daar is nie plek vir ‘n muis nie. Die oord het 110 karavaanstaanplekke en 40 houthuisies en dit wemel van die vakansiegangers en kampeerders.

Hardus Botha

Die skamerige Neretia Fabricius van Swellendam het vrede met die stampvol Uilenkraalsmond Vakansie Oord, “dis net lekker hier, oom!”

Karavaanparke floreer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles