Kerspartytjie vir 450

Kerspartytjie vir 450

Gansbaai Courant

Dit klink nie moontlik vir Gansbaai nie, maar dit was die jaarlikse Beverley Hills Kerspartytjie van Social Help Animal Rehabilitasie & Restourasie Education (SHARE), wat voorheen as Gansbaai Sopkombuis bekend gestaan het. “Daar was sowat 450 plus kinders wat geskenke en verversings ontvang het en dit was ‘n baie gesellige en geslaagde Kerspartytjie, ondanks die harde werk en gespook om deurentyd orde te handhaaf,” sê past Frikkie Zeelie. Die dag is voorafgegaan met ‘n groep lede van Gansbaai Ministers Fraternal met die toedraai van die magdom van geskenke.


Die oop stuk grond langs Beverley Hills is gebruik, met die springkasteel en veral die “skuim”-glybaan wat baie gewild was en die kinders kon na hartelus baljaar. Past Frikkie bedank graag elke harde werker wat voor en tydens die Kerspartytjie gehelp het om van die dag so ‘n groot sukses te kon maak, asook alle donateurs wat deur middel van bydraes en borgskappe ‘n groot rol gespeel het. “Spesiale dank ook aan Gansbaai Superspar wat ons hoofborg was, asook Klein Karoo Bronne Sentrum vir die groot hoeveelheid pragtige geskenke wat hulle voorsien het,” sê past Frikkie. Hy sê ook dat SHARE volgende jaar meer op die Gansbaai Ministers Fraternal gaan steun om die jaarlikse Kerspartytjie meer interkerklik te maak. Kennis kan ook nou reeds geneem word van SHARE se jaarlikse oorhandiging van 100 volledige skooluitrustings aan behoeftige Gr 1 leerders op 13 Januarie 2014.

Hardus Botha

Kerspartytjie vir 450

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles