Kerspartytjie vir 450

Kerspartytjie vir 450

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit klink nie moontlik vir Gansbaai nie, maar dit was die jaarlikse Beverley Hills Kerspartytjie van Social Help Animal Rehabilitasie & Restourasie Education (SHARE), wat voorheen as Gansbaai Sopkombuis bekend gestaan het. “Daar was sowat 450 plus kinders wat geskenke en verversings ontvang het en dit was ‘n baie gesellige en geslaagde Kerspartytjie, ondanks die harde werk en gespook om deurentyd orde te handhaaf,” sê past Frikkie Zeelie. Die dag is voorafgegaan met ‘n groep lede van Gansbaai Ministers Fraternal met die toedraai van die magdom van geskenke.


Die oop stuk grond langs Beverley Hills is gebruik, met die springkasteel en veral die “skuim”-glybaan wat baie gewild was en die kinders kon na hartelus baljaar. Past Frikkie bedank graag elke harde werker wat voor en tydens die Kerspartytjie gehelp het om van die dag so ‘n groot sukses te kon maak, asook alle donateurs wat deur middel van bydraes en borgskappe ‘n groot rol gespeel het. “Spesiale dank ook aan Gansbaai Superspar wat ons hoofborg was, asook Klein Karoo Bronne Sentrum vir die groot hoeveelheid pragtige geskenke wat hulle voorsien het,” sê past Frikkie. Hy sê ook dat SHARE volgende jaar meer op die Gansbaai Ministers Fraternal gaan steun om die jaarlikse Kerspartytjie meer interkerklik te maak. Kennis kan ook nou reeds geneem word van SHARE se jaarlikse oorhandiging van 100 volledige skooluitrustings aan behoeftige Gr 1 leerders op 13 Januarie 2014.

Hardus Botha

Kerspartytjie vir 450

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles