Eddie se Feesliedjie

Eddie se Feesliedjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Bekende Eddie Barnard het op versoek ‘n spesiale Feesliedjie vir vanjaar se Fees van die Ganse geskryf - en dit ook tydens die Feesdag gesing. Eddie is alom bekend agter sy klawerbord en sangstem tydens Feesgeleenthede, Vrydae se Woekermark en ander geleenthede. Hy het ook reeds twee CD’s, Perlemoen (2009) en Overberg se Suzuki's (2012) die lig laat sien. In 2010 het hy ‘n uiters ernstige siekbed vir etlike weke beleef met die opdoen van die virus Guillian Barrè, ook bekend as die GB sindroom of Geduldsiekte. Onlangs, kort voor die Fees van die Ganse, het Eddie weer ‘n terugslag gehad met etlike maagseertjies, ‘n aneurisme in ‘n aar en twee “stents” wat ingeplant is. Ondanks hierdie onverwagse terugslag, het hy voluit tydens die Fees opgetree en ook sy Feesliedjie gesing.

Hardus Botha
 
Eddie Barnard op sy pos agter sy klawerbord

Fees van die Ganse

Die Fees van die Ganse is Gansbaai se Fees,
die eende in die hawe was almal daar gewees.
Malgas en die meeue het liedjies gesing,
en die ander diere het eetgoed gebring.

Die krappe en die krewe het almal kom kyk,
hoe die Ganse se Fees in die ou hawe lyk.
Dolfyne en die robbe het op golwe gery,
die seevoëls het gelag tot hul hoendervleis kry.

Ja, die Fees van die Ganse is Gansbaai se Fees,
die eende in die hawe was almal daar gewees.
Die haaie en oom walvis het almal vermaak,
met toertjies in die water na almal se smaak.

Kabeljou en geelbek het uit die see geloer,
toe die wyfie ganse dans en hul vet boude roer.
See anemoon het sy kleur kom wys,
pikkewyn het gesê hy vat eerste prys.

Oom Hardus Haai se kamera het foto’s geneem,
die ganse het ge-“pose”, party net op een been.
Oupa Uil, daar op die dak het hy gesit en lees,
oor hoe was die Ganse se Fees vanjaar gewees.

Eddie Barnard

Eddie se Feesliedjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles