Hoekom vang hy meer

Hoekom vang hy meer

Gansbaai Courant

Januarie 2014! Eerstens, veels geluk aan almal. Mag hierdie jaar net vreugde en geluk aan almal besorg en mag Sy hand oor ons bly.

Sekerlik het almal wat die naam hengelaar waardig wil wees met die aanslag op die kabeljou meegedoen, en ek is seker met wisselende sukses. Die ou wat sy kabeljou wil vang sou seker gemaak het hy maak moeite en spandeer genoeg tyd langs die water om te kan spog met ‘n ordentlike vangs. Maar nou ja, daar is manne (en so paar vroue) wat die saak so bietjie anders benader en selfs so bietjie eenkant mag staan en met ‘n vonkel in die oog kan vangste vergelyk.

My doel vandag is om hierdie mense se aksies te bekyk en hopelik dan die vraag te beantwoord wat die eintlike verskil is wat hierdie klompie mense so suksesvol maak teen die groepie wat sekerlik net so hard probeer maar met baie minder tevrede moet wees.

‘n Hengelaar wat onbekend wil bly en redelik onlangs (gemeet aan hoe lank die ander manne al hulle ding doen) baie suksesvol sy kwota kabeljou tussen die ander amperbootjies gaan haal sal eers sy siening van die saak stel en dan behoort dit duidelik te wees waar die verskil inkom. Ek haal hom aan.

“ Wat ek gewoonlik doen is die volgende:

Ek sorg dat my bootjie in orde is en dat ek die nodige visgereedskap vir kabeljouvangs daarin het. Ek verkies ‘n nr. 10 hoek en ‘n nie te dun lyn nie.Verder maak ek ook meestal van ‘n dryflyn gebruik en indien dit wel nodig word, ‘n ligte sinker. Die sardyn wat ek hoofsaaklik as aas gebruik word nie “gefillet”  nie en die stertgedeelte kry voorkeur. Ek glo ook aan gereeld “lok” uitgooi.

Wat vir my belangrik is is dat die weer moet saamspeel en die water moet die regte kleur wees   --  vaal, maar nie oordonderend so nie. Ek sal sorg dat ek baie vroeg by die water is en somtyds gaan loods ek teen vieruur die oggend. Saans kan dit ook laterig word. Dit help indien daar iemand saam met jou uitgaan, beide vir geselskap, maar ook vir hulp. Veiligheid is vir my ‘n noodsaaklikheid.

Wanneer jy eers op die water is is jy nie noodwendig op die regte plek nie en indien jy ‘n verstandhouding met die ander manne opgebou het, kan dit help in hierdie verband. Dit is interessant dat die “dammetjies” (dieper plekke langs die riwwe) uitsoekplekke is. Daar word baie tyd spandeer  --  noem dit maar kwaliteittyd, maar jy moet steeds hou van wat jy doen, en toewyding is baie belangrik. So kan mens aangaan.”

Dankie, vir die info.
Geniet die jaar,
Seemeeu

Hoekom vang hy meer

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles