7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ds Dirk van Dyk met sy 7kg kabeljou wat tydens (op) Huisbesoek gevang is

Vele is al oor ds Dirk van Dyk se “Huisbesoek” gepraat. Hierdie keer het hy bewys dat huisbesoek lonend kan wees. “Weet julle dalk waar is ds van Dyk vandag?”, dan kom die eerlike antwoord: “Hy is op huisbesoek!” Maar dit is huisbesoek van ‘n ander aard - dit is sy 3 meter roeiboot (sonder ‘n enjin) met die naam “Huisbesoek” waarna verwys word!

Dirk is ‘n man wat beslis nie sy werklike huisbesoek en/of werk in die NG-gemeente afskeep nie, maar wanneer hy ‘n kansie kry, is dit “Huisbesoek”, sy Land Rover en die see. So was dit weer so kort voor Kersfees wat Dirk en sy seun, Ferdie op “Huisbesoek” in Boetiesbaai was.

“Dit was laag-laag water en ons moes Huisbesoek sowat 200m ver dra om in die see te kon kom,” vertel Dirk. Goeie vangstes (wettiglik!) was aan die orde van die dag: 9 kabeljoue en ‘n geelbek. Mens is net nie seker of daar vir al die vis én die twee manne genoeg plek op “Huisbesoek” was nie. Die twee manne het sardyn as aas gebruik en is nie bietjie trots op hulself nie.

So teen 18:00 het Dirk se groot oomblik aangebreek: ‘n allemintige 7kg kabeljou. “Die kabeljou het ons letterlik rondgesleep voordat hy in Huisbesoek beland het,” vertel Dirk. “Wie is dit wat sê kabeloue kan nie in laagwater gevang word nie en wie is dit wat sê dat huisbesoek nie ook lonend kan wees nie?!”    

Hardus Botha

7kg Kabeljou op Huisbesoek gevang

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles