Gansbaai Academia se 2013 Matriekklas wys hul staal

Gansbaai Academia se 2013 Matriekklas  wys hul staal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr: Jolene Filander (3de), mnr Wilson en Bianca de Koning (topkandidaat). Marthinique Adonis (2de)(inlas).

08:00 Dinsdagoggend het mnr Wilson en van die personeel die amptelike uitslae in Caledon gaan haal. Mnr Lawreston, direkteur, was vol lof vir die Overberg skole wat ook aangewys is as die beste distrik in die Wes-Kaap. 47 637 leerders het in 2013 hul matriekeindeksamen geskryf, waarvan 45 850 geslaag het.

Dit gee ‘n persentasie van 85,1%.  40.9% het met ‘n Baccalaureus toelating geslaag.
In die Overberg is die slaagsyfer 88%. 39,4% slaag met Baccalaureus. Nie een skool het onder 60% geslaag nie, wat wys dat die distrik se LITNUM sisteem suksesvol is.

Academia se matrieks het verlede jaar se rekord van 92,2% verbeter met presies een persent en die amptelike slaagsyfer is 93,2%. Daar is ‘n totaal van 74 lede wat geskryf het en vyf leerders het dit nie gemaak nie, een leerder kon nie die eksamen voltooi nie as gevolg van siekte. 16 leerders het hul Baccalaureus gekry, 35 hul Diploma en 17 het hul Nasionale Sertifikaat ontvang.

Die topkandidaat is Bianca de Koning met 5 onderskeidings, Marthinique Adonis in die tweede plek en Jolene Filander derde. Daar is ‘n totaal van 10 onderskeidings. Vakke wat met ‘n honderd persent geslaag is, is Afrikaans, Engels Tweede Addisionele Taal, Gasvryheidstudies, isiXhosa, Lewens-oriëntering, Wiskundige Geletterdheid. Wiskunde spog vanjaar met ‘n allemintige 88,9%. Onderskeidings is behaal in Afrikaans (1), RTT (1), Engels (1), Lewensoriëntering (5), Lewenswetenskappe (1) en Wiskundige Geletterdheid (1).

Die skool wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir al die besighede in die dorp dankie te sê vir alles wat hulle vir die skool doen en veral vir die leerders. Die skool is verheug om te sien hoeveel van die leerders vakansiewerk het en sodoende waardevolle ervaring opdoen en verantwoordelikheid leer. Sonder hierdie gemeenskap sal die skool nie in vier jaar al soveel wonderlike mylpale behaal het nie – baie dankie!

Liezel Mostert

Gansbaai Academia se 2013 Matriekklas  wys hul staal

Liezel Mostert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles