SAKEKAMER se Wenner GHOLFDAG

SAKEKAMER  se Wenner GHOLFDAG

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die wenners van die Gansbaai Gholfdag, Mossie Mostert en Bobby Brandt met Rene Beukes

Met die Gansbaai Sakekamer se gholfdag op 28 Desember 2013, het René Beukes (organiseerder) weer eens gesorg vir ‘n wenner op die Sakekamer jaarprogram. Onder haar bekwame leiding en met die goeie samewerking van die Gansbaai Gholfklub, is ‘n dag van goeie kompetisie, lekker eet, kuier, en ‘n opwindende prysuitdeling aangebied.

Altesaam 92 spelers het deelgeneem en elkeen het ‘n prys ontvang! Die eerste prys van R5 000 kontant is deur Freddie Engelbrecht van Engelbrecht Roofing & Steel geborg en gewen deur Bobby Brandt en Mossie Mostert. Tydens ‘n gesellige prysuitdeling het die klubkaptein, Bev Swart, ook die res van die pryse uitgedeel.

‘n Bekende afgetrede afslaer van Vleissentraal, wie veral bekendheid verwerf het as afslaer op wildveilings, mnr Willie Roux (vader van René Beukes), het al die pad van Louis Trichardt in Limpopo in Gansbaai kom kuier om ‘n versameling gewilde wyne op te veil. Sy vermoë om ‘n buffel vir R40 miljoen op te veil, het hy pragtig gedemonstreer deur die wyne teen ‘n mooi bedrag van bykans R5000 verkoop te kry.

Die gholfklub, Ria van der Merwe en Jorine van der Merwe van Kleinbaai het gesorg vir ‘n heerlike ontbyt, asook middagete wat by die prys van die baanfooie vir die spelers ingesluit was. Al die dames wat daar betrokke was, moes bontstaan om al die honger mae te vul – iets wat hulle met groot welslae reggekry het. Die kos wat oorgebly het, is aan die tehuise vir bejaardes in Gansbaai geskenk. Gansbaai Sakekamer is baie dank verskuldig aan al die besighede en individue wat as borge opgetree het in die vorm van pryse en kontantbydraes.

Hulle is: Engelbrecht Roofing and Steel, Prime Cut Meats, Boland Makelaars, Dala Builders, Omega, Gansbaai Matte, The Fish Barrel, White Shark Projects, C M du Plessis Rekenmeesters, Marine Dynamics, Searose self-catering accommodation, Droid Gansbaai Explore, Suidsee Wireless, Lifelong Aluminium Gutters CC, Gansbaai Apteek, Seeff Eiendomme, White Shark Guest House, White Shark Adventures, Grootbos, Indulge, Fine & Country Overberg, Gansbaai Sand en Klip, PSG Gansbaai, Safe Security Systems, Cliental Life, Gansbaai Superspar, Elize & Kenny Aitken, Raka Wines, SAB, Gansbaai Wassery, Biltong & Nut Corner, Overberg Scaffold & Machine Hire, Gansbaai Elektries Bk, OK Foods Gansbaai, J & A Paneelkloppers, CNC Sweis en Staal, The Pro Shop Somerset Wes, Fairy Glen Game Reserve en Lighthouse Tavern.

Almal se insette het uiteindelik gelei tot ‘n netto inkomstesyfer vir die dag van bykans R17000. Hierdie fondse sal deur die Sakekamerbestuur aangewend word tot voordeel van Sakekameraangeleenthede waarby die hele sakegemeenskap baat sal vind.  Die sukses van hierdie heel eerste gholfdag vir die Sakekamer sal heel waarskynlik daartoe lei dat dit ‘n jaarlikse instelling word.

Harry de Jager

SAKEKAMER  se Wenner GHOLFDAG

Harry de Jager

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles