Kersvreugde by Huis Breda

Huis Breda se inwoners geniet Kersvreugde rondom ‘n gesellige Kersete wat vir hulle voorberei is

“2013 het aan sy einde gekom en dit is ‘n tyd wat ons met dankbare harte net kan dankie sê aan ons Hemelse Vader vir sy Groot Genade wat ons deur die jare gedra het,” sê Eva en Dirk Büchner van Huis Breda Versorgingshuis in De Kelders.

“Kom ons steek ons hande uit na mekaar in hierdie tyd en gee net ‘n bietjie liefde en onder-steuning aan ons medemens, want Kersfees is ‘n tyd van omgee.”

Eva bedank graag almal wat bydraes en ondersteuning gedurende die jaar aan die Versorgingshuis gegee het en sê dat dit diep waardeer word.

“‘n Spesiale dankie ook aan Corras se klerewinkel wat so gereeld ons blikkie vir ons vol teruggee, asook teenoor Mike en Elize Schröder wat ons met die onderhoud van ons geboue bystaan.” Huis Breda is ‘n Versorgingshuis vir siek en verswakte persone en hulle deure staan oop vir enige besoeker wat hulle werksaamhede wil kom besigtig.

Eva kan by 028-384-0884 of 079-319-1755 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by completehomecare@vodamail.co.za.

Hardus Botha