Die nuwe naam vir Gansbaai Gateway Sentrum, die Great White Junction, wat reeds op die gebou aangebring is
Gansbaai Gateway Sentrum se naam is so stil-stil en kort voor die vakansie-seisoen na die Great White Junction verander en die gedagte het ontstaan hoeveel inwoners dit agtergekom het. Een van die eienaars van die gebou, Roelou Slabber van die Kaap, het gesê die span van Arbitrage se konsultant, Caroline Coates, sal in die nuwe jaar ‘n persverklaring in hierdie verband uitreik om relevante vrae oor die naamsverandering te beantwoord. Roelou het gemeld dat die naam “Gateway” verwarring veroorsaak met Hermanus se “Gateway”-sentrum.
Tydens Gansbaai Courant se navrae het dit geblyk dat daar nie eenstemmigheid onder die huurders oor die naamsverandering heers nie. Onder andere het een van die huurders, wat verkies om anoniem te bly, die volgende gesê: “Ons is gedurende April/Mei gekontak oor die moontlike naamsverandering. Die eienaars wou oor Paasnaweek ‘n groot geleentheid daarvan maak, wat op die huurders se versoek uitgestel is. Daarna is ons nie weer gekontak nie. Ons voel dat die naamsverandering nie goed deurdink is nie.” Van die belangrikse besware is die kostes wat onder andere deur adresverandering by banke, Telkom, munisipaliteit, briefhoofde en veel meer meegebring sal word, asook 2014 kalenders wat reeds gedruk is en waarop die vorige naam van die sentrum reeds aangebring is.
Hardus Botha
Van Gateway na Great White Junction
09 January 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











