Fees se Koninklikes

Fees se Koninklikes

Gansbaai Courant

Die Fees van die Ganse se “Koninklikes” vir 2013/14 is amptelik op Vrydag, 6 Desember 2013 tydens die aanskakelings-seremonie van Gansbaai se Kersliggies gekroon.

Hulle is Mariska Mouers as Mej Fees van die Ganse, met Renaycia Pietersen as haar 1ste Prinses en Tertia Pietersen as haar 2de Prinses (twee susters!). Die voormalige Mej Fees van die Ganse, Elzaan van Lill, het die kroning van dié drie net so waardig waargeneem as wat sy haar ambassa-deurspligte geduren-de haar termyn behartig het. Hulle trotse “Bestuurder” is Rigardo Plaatjies onder leiding van Gansbaai Toerisme Buro. Hulle groot prys is ‘n haaiduik-geleentheid vir al drie van hulle in 2014, geborg deur White Shark Projects. Dan het Mariska ook ‘n R400 geskenkbewys van Beauty World ontvang, asook ‘n geskenkpakkie. Die twee Prinsesse het elk ‘n geskenkbewys van Coffee on the Rocks ontvang, asook ‘n klein geskenkpakkie. Elzaan is darem nie oor die hoof gesien nie en het ‘n geskenkbewys van die Great White House as uittredende Mej Fees van die Ganse ontvang. Nou wag 2014 vir Mariska en haar Prinsesse om as ambassadeurs vir Gansbaai bepaalde verpligtinge na te kom.

Mariska Mouers (15) van Klipfonteyn (regs) is op 18 September 1998 in Belville gebore, maar is reeds vir die afgelope 8 jaar ‘n Gansbaaier. In 2014 sal sy ‘n Gr 9 leerder van Gansbaai Academia wees.

Haar pa is Nico Mostert, maar haar ma, Heloüse, is op 26 November 2012 oorlede.

Tydens die onderhoud was daar ‘n vasberadenheid agter haar mooi glimlag te bespeur oor haar planne vir 2014 as ambassadeur vir Gansbaai. Sy het ‘n passie vir bejaardes, laerskoolkinders en BARC se diere. Haar toekomsdroom is om ‘n laerskool-onderwyseres te word. Mariska se gunsteling stokperdjies is brei, borduur en bakster in die kombuis.

“Mariska is ‘n kranige bakster van groot- en klein koekies en kan ook die heerlikste disse voorberei,” vertel ‘n trotse Nico. Mariska sê haar kookvernuf is iets wat sy by haar oorlede ma geleer. Sy is baie lief vir ‘n verskeidenheid van sportsoorte, maar haar gunsteling sportsoorte is tennis en, glo gerus, gholf. “Oom Daan Victor is my afrigter op die gholfbaan en intussen het ek my eie pienk gholfsak as geskenk ontvang,” vertel sy. “Ek sien baie uit na my besoeke in 2014 aan veral die Tehuise vir Bejaardes en BARC, maar ook om ander geleenthede wat deur Gansbaai Toerisme gereël word, by te woon,” sê Mariska. “Maar ek wil ook baie graag by past Frikkie Zeelie se Sopkombuis in Beverley Hills betrokke raak.”

Die twee Feesprinsesse

Die twee pragtige susters Renaycia Pietersen (1ste Prinses) en Tertia Pietersen (2de Prinses) (onder) is in Hermanus gebore, maar het in Blompark grootgeword. Renaycia (16) is op 9 Augustus 1997 gebore en sal in 2014 ‘n Gr 10 leerder van Gansbaai Academia wees. Tertia (17) is op 29 Januarie 1996 gebore en sal in 2014 ‘n Gr 11 leerder van Gansbaai Academia wees.



“Ons is nie jaloers op mekaar nie, ons is net baie trots op mekaar en ook baie lief vir mekaar,” is die gesamentlike opmerking van die twee susters. Hulle ouers is Leopoldt en Joan Pietersen en hulle trotse ouma is Eva Fisher.

Nie een van hulle het spesifieke stokperdjies nie, “behalwe vir sing in die badkamer”! Renaycia se toekomsdroom is in die onderwys gesetel, met Tertia wat graag by Maatskaplike Dienste sal wil inskakel.

Altwee die susters sien baie uit na hulle optredes in 2014 om besoeke aan Tehuise vir Bejaardes, BARC en ander organisasies op uitnodiging van Gansbaai Toerisme te bring. “Ons vertrou dat ons, saam met Mariska, ook goeie ambassadeurs vir Gansbaai sal wees.”

Wat hierdie twee susters se prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat hulle tydens 2011 se Fees van die Ganse ook as wenners geëindig het, met Tertia as Mej Fees van die Ganse en Renaycia as 2de Prinses. Duidelik val hulle in dieselfde “skoonheids-kategorie”.

Hardus Botha

Fees se Koninklikes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles