Visregte

Visregte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die toedrag van sake aangaande die visregte kan net as ‘n gemors beskryf word. Die feit dat baie mense slegs op hoogte kan kom van hoe dinge ontwikkel deur berigte in koerante en oor die radio of die TV, is baie jammer. Die gebrek aan behoorlike kommunikasie wat die hele proses voorafgegaan het het dinge nie verbeter nie. Baie betrokkenes weet selfs nou nog nie wat gaan gebeur nie en moet maar staat maak op die vergaderings wat klarigheid mag bring. Die vergaderings alleen gaan baie mense egter nie gerusstel nie en die kommer is groot vir die wat afhanklik is van vis vang as beroep om kos op die tafel te kry. Ons vertrou dat wat gaan ontwikkel uit al hierdie woelinge, daar eerstens klarigheid en tweedens aanvaarding en uitkoms gaan wees. In die toekoms sal dinge hopelik anders gedoen word.

Die watertemperatuur was vir ‘n hele rukkie baie laag (selfs hier by 10, 11 grade). Dis verbasend dat daar in hierdie omstandighede heelwat kabeljou gevang is --  beide met die lang stokke en ook veral vanaf die amperbootjies. Gelukkig was die wind nie onaardig vir hierdie vangery nie en ‘n groot voordeel natuurlik, die kleur van die water. Hierdie tyd van die jaar is dit soort van die in-ding om te doen, ons konsentreer op kabeljou en almal verwag dit! Daar is ook heelwat steenbras gevang en so tussen-in van die ander spesies. Op die oomblik is die watertemperatuur in die omgewing van 16, 17 grade en dit lyk asof die vis, ook in die dieper water, dit besef. Vangste van mooi hotties word gedoen met so tussenin skynsels van rooi. Hierdie romanne is nie baie volop nie, maar darem ook nie almal klein nie.

Met die skryf van hierdie artikel word sterker winde en reënweer voorspel. Dit kan dinge natuurlik weer verander. Dit kan ook op die ou einde ‘n verbetering beteken. Gooi maar varkoog.

Die vakansiegangers se tydjie hier by ons loop nou ten einde. Aan almal word ‘n veilige terugreis toegewens. Ry versigtig, wees bedagsaam en geduldig. Dankie vir julle teenwoordigheid en ons sien julle weer volgende keer.

Groete, Seemeeu

Visregte

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles