Helmie de Vriesdag 2014

Helmie de Vriesdag 2014

Gansbaai Courant

Twee Januarie staan by Franskraal Rolbalklub bekend as die Helmie de Vriesdag.  Dit is die dag waarop Helmie en sy vriende by die Rolbalklub saamtrek om 'n oggend van pret op die rolbalperke deur te bring en hulle slag met die rolballe te wys.  Daar is lekker musiek gemaak om die regte atmosfeer te skep en “verversings” is strykdeur deur die klub voorsien om die lywe soepel en die tonge los te maak.  Dit gee 'n skouspelagtige affêre af met 'n gejillery en tergery onderling en almal geniet dit terdeë.  Na spel word iets te ete aangebied wat deur SUPERSPAR GANSBAAI geborg en afgelewer is.


Hierdie samekoms vind reeds vir die afgelope tien jaar plaas en as opgelet word hoeveel deelnemers tekens toon dat hulle die spel goed sal kan baasraak, is dit jammer dat hulle nie meer gereeld kan deelneem nie. Vanjaar het 28 spanne van 4 spelers elk deelgeneem.  Deelnemers het van heinde en verre gekom en die klub goed ondersteun.  Hiervoor is Franskraal Rolbalklub baie dank verskuldig aan Helmie en al sy vriende. 

Die formaat van die spel was twee sessies van tien skofte elk.  Na die eerste sessie is 'n spinnekop gespeel waarvoor elke spelers 'n klein donasie maak.  Almal rol dan gelyk uit verskillende rigtings en die een wie se bal die naaste aan die spinnekop in die middel van die perk lê, wen 'n prys.  In hierdie geval was dit Lize-Marie.  Die opbrengs van die donasies word geskenk aan Gansbaai se plaaslike huis vir bejaardes – Herberg-aan-See.

Na afloop van spel is 'n prys van uitsoek wyn aan die wenners, Hartman Ries en sy span, Ronel, Alfred en Anke, oorhandig.  'n Prys is ook aan die twee beste geklede spelers, Vernon en Nicky Mans oorhandig.  Dit is 'n nuutjie en volgende jaar sal die spelers sekerlik vir dié prys ook meeding. Die spinwiel het ook groot belangstelling ontlok en is twee keer gedraai.  Johan Lubbe en Giepie Brandt was die gelukkige wenners. Na 'n genotvolle dag het ou vriende wat mekaar nie dikwels sien nie, 'n wyle verder saam gekuier.  Volgende jaar maak ons weer so.

Pieter Conradie, Foto's: Philip Malherbe 

Helmie de Vriesdag 2014

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles