Helmie de Vriesdag 2014

Helmie de Vriesdag 2014

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee Januarie staan by Franskraal Rolbalklub bekend as die Helmie de Vriesdag.  Dit is die dag waarop Helmie en sy vriende by die Rolbalklub saamtrek om 'n oggend van pret op die rolbalperke deur te bring en hulle slag met die rolballe te wys.  Daar is lekker musiek gemaak om die regte atmosfeer te skep en “verversings” is strykdeur deur die klub voorsien om die lywe soepel en die tonge los te maak.  Dit gee 'n skouspelagtige affêre af met 'n gejillery en tergery onderling en almal geniet dit terdeë.  Na spel word iets te ete aangebied wat deur SUPERSPAR GANSBAAI geborg en afgelewer is.


Hierdie samekoms vind reeds vir die afgelope tien jaar plaas en as opgelet word hoeveel deelnemers tekens toon dat hulle die spel goed sal kan baasraak, is dit jammer dat hulle nie meer gereeld kan deelneem nie. Vanjaar het 28 spanne van 4 spelers elk deelgeneem.  Deelnemers het van heinde en verre gekom en die klub goed ondersteun.  Hiervoor is Franskraal Rolbalklub baie dank verskuldig aan Helmie en al sy vriende. 

Die formaat van die spel was twee sessies van tien skofte elk.  Na die eerste sessie is 'n spinnekop gespeel waarvoor elke spelers 'n klein donasie maak.  Almal rol dan gelyk uit verskillende rigtings en die een wie se bal die naaste aan die spinnekop in die middel van die perk lê, wen 'n prys.  In hierdie geval was dit Lize-Marie.  Die opbrengs van die donasies word geskenk aan Gansbaai se plaaslike huis vir bejaardes – Herberg-aan-See.

Na afloop van spel is 'n prys van uitsoek wyn aan die wenners, Hartman Ries en sy span, Ronel, Alfred en Anke, oorhandig.  'n Prys is ook aan die twee beste geklede spelers, Vernon en Nicky Mans oorhandig.  Dit is 'n nuutjie en volgende jaar sal die spelers sekerlik vir dié prys ook meeding. Die spinwiel het ook groot belangstelling ontlok en is twee keer gedraai.  Johan Lubbe en Giepie Brandt was die gelukkige wenners. Na 'n genotvolle dag het ou vriende wat mekaar nie dikwels sien nie, 'n wyle verder saam gekuier.  Volgende jaar maak ons weer so.

Pieter Conradie, Foto's: Philip Malherbe 

Helmie de Vriesdag 2014

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles