Die wenspan, Die Broers, met vlnr Wikkie van Dyk, Deon Mostert, Deon Strydom en Hannes Smuts
“Overberg Kushengel Klub het ná die suksesvolle kompetisie van 2012 besluit om dit ‘n jaarlikse instelling te maak en die onlangse kompetisie was ‘n voortsetting van die suksesverhaal,” sê Frans Claassen, voorsitter van die klub.
Inskrywings vir vanjaar se kompetisie het met 60% gestyg - van 25 spanne in 2012 tot 40 spanne in 2013. Frans sê elke span bestaan uit 4 hengelaars en hierdie kompetisie fokus hoofsaaklik op spanprestasies, alhoewel daar ook verskeie pryse vir individuele prestasies was, asook verskeie geluktrekkings.
Meer as R25,000 se pryse was vanjaar op die spel. “Goeie vangstes is gemaak en in totaal is 119.3kg vis ingeweeg, met spesies soos kabeljou, steenbras, belman, elf en hottentot wat ingeweeg is,” sê Frans.
Die swaarste vis vir die dag was ‘n kabeljou van 8.32kg wat deur Deon Mostert ingeweeg is, met die swaarste witsteenbras van 3.38kg wat deur Jaco van Dyk ingeweeg is. Die klub is ook vanjaar met die teenwoordigheid van SA Kushengel se rekordbeampte, Thys Kemp, vereer, wat behulpsaam was. Dan het die bekende Protea-hengelaar, Johan van der Westhuizen, ook sy staal gewys.
Die inweegproses en prysuitdeling is goed deur meer as 250 toeskouers ondersteun.
Die finale spanuitslae is soos volg: 1ste plek - Die Broers (Wikkie van Dyk, Deon Mostert, Deon Strydom en Hannes Smuts); 2de plek - Da-hang-hy (Danie Nel, Danie Nel jnr, Rudie Eksteen en Thys Bester); 3de plek - Pescadores (Marais van Zyl, Johan van der Westhuizen, Pikkie en Jaco).
Die volgende borge word van harte bedank: White Shark Tours, Geyser Island Tours, Gansbaai Superspar, Boetie Otto, Battery Centre Brackenfell, Oppidek Pub & Bistro, Gansbaai Car & Boat Wash, Gansbaai Sport & Tackle, Kleinmond Tackle, Usave Gansbaai, Knapsak, Gansbaai Apteek, Aqua Angel, Salon Janine, The Boathouse Restaurant, Fish Fever, Walker Bay Liquor, Hermanus Liquor, OK Foods Gansbaai, Super Photo Kodak Express en Hair Tizelle.
Die reëlingskomitee bestaande uit Leibrandt van Niekerk, Maynard van Niekerk, Rian Conradie en Frans Claassen word ook opreg bedank vir die reuse werk wat deur hulle verrig is. “Volgende jaar se mikpunt is sowat 100 spanne,” sê Frans.
Hardus Botha
Suksesvolle Boxing Day Hengelkompetisie
09 January 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











