90 vir Anne Smit

Anne Smit is op 29 Desember 1923, ‘n volle 90 jaar gelede, gebore en het in Wynberg grootgeword. Terwyl sy in Goodwood gewoon het, het sy ‘n vakansiehuis in Naudestraat in Franskraal gekoop. Later het sy die vakansiehuis verkoop en in dieselfde straat ‘n woonhuis vir haar laat bou.

“My ma is reeds vir sowat 40 jaar ‘n Gansbaaier,” vertel Ivy van Huyssteen, ‘n bekende binne die geledere van die Gansbaai Lionsklub. “Sy is sowat nege maande gelede in Gansbaai Nasorgsentrum by Herberg-aan-See opgeneem, waar sy steeds is.” Anne het ‘n ligte beroerte-aanval gehad, maar andersins verkeer sy in goeie gesondheid. Sy het twee kinders, Ivy en ‘n seun wat reeds oorlede is.

Hardus Botha