Die beste Bobaas hengelaars

Die beste Bobaas hengelaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Rojeanne Esterhuizen hou ‘n paar mooi hotties vas wat Saterdag vanaf haar pa se boot, Relêks, by Die Kelders gevang is.

‘n Hengelaar wat werklik sy sous werd is moet, volgens my, vereer word met ‘n meer gepaste naam as Hardebaard of ook die ou bekende, gesoute hengelaar. Ek dink so iemand kort ‘n spesiale “ere-naam”, met dieselfde status as titels gegee aan iemand buite die hengelbedryf. Dink maar aan die nou lank oorlede Hennie Wessels. Hy sou ‘n goeie voorbeeld gewees het want hy het gesag en respek van almal ontvang. En hý was die kundige met die hengel van veral galjoen.

Jy dink aan so iemand as ‘n persoon wat al redelik gevorderd in ouderdom is en sy ondervinding in die hengelwêreld wat hom toelaat om sommer uit die vuis verwysings te kan doen en op wie se raad jy sonder twyfel kan staatmaak. (’n Paar jongmanne sal wil vorentoe tree). Uit sy wysheid en ondervinding is daar vir die beginner (en baie ander ook) veel te leer. Sommiges, al het hulle ook die nodige ondervinding sal nooit die wysheid van hierdie manne in pag hê nie. Dis so half aangebore.

Hulle weet blykbaar net waar, wanneer en hoe. Jy sal nog ‘n kans vat see toe, dan is daai man nog rustig want, “nee, die wind moet eers draai, of die water se kleur is nog te dik” of volgens hom sal die vis eers teen volwater begin byt  --  maar dan moet dit eers volmaan word. Iets in dié trant. Van hierdie manne het die kuns van boothengel bemeester, ander verstaan weer die storie van kushengel. Vir ander weer, maak dit nie saak nie en hulle is ewe bedrewe in albei en ‘n meester daarin. Wat ‘n seën!! Net ‘n paar uitsoekmanne sal aan hierdie vereistes voldoen.

Steeds is daar nie baie te bespreek aangaande die hengelsituasie nie. Daar word nou vir ‘n noordwes gewag, dan is daar hoop vir geelbek. Goeie nuus is darem die enkeles wat wel by die Eiland raakgeloop is.

Daar is ook baie en bul hotties, d.w.s. as jy weet waar om te soek! Die romanne is ook skaflik, maar nie vet nie. Die somer is op ons en ons staan gereed vir aksie.

Groete, Seemeeu

Die beste Bobaas hengelaars

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles