Wikkie van Dyk staan hier by sy trotse vangstes vir die dag, insluitend ‘n kabeljou van 12.25kg
“Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub het 2014 met ‘n ongelooflike hengeldag afgeskop,” vertel Isolde Smith. Sy sê daar was 61 inskrywings en 13 hengelaars het vis ingeweeg. Wikkie Van Dyk het die hengelkompetisie met ‘n toaal van 28.85kg vis gewen. Sy wenvis vir die dag was ‘n allemintige kabeljou van 12.25kg, wat ook die wenvis vir die dag was. 25 kabeljoue, 2 rooi romanne (die eerstes wat by ‘n kompetisie ingeweeg is!) en 1 steenbras is gevang, met ‘n totale gewig van 115.75kg. “Dankie aan al die hengelaars vir julle ondersteuning van hengel, asook ‘n groot dankie aan die klub,” sê Isolde. “Baie dankie ook aan al ons borge wat die wenners so welverdiend beloon het.”
Navrae rakende Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel) kan aan Isolde Smith by 084-320-8613 gerig word, of stuur ‘n epos aan haar by drewsolde@omail.co.za.
Hardus Botha