Ware Vrede in die Here

Ware Vrede in die Here

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Wees altyd bly in die Here! ..... Die HERE is naby.......Moet oor niks besorg wees nie...... maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan GOD bekend..... en die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Filippense 4:4-7) 

Ai, hoe begeer elkeen van ons nie hierdie eienskappe nie! Blymoedigheid... om ons begeertes te vervul... en ware vrede! Daar is mense wat enigiets sal gee om vrede en blydskap in hulle lewe te ervaar, wat nog te sê van jou wense wat waar word!

Interessant is dat Paulus in Filippense 4 vir ons in ’n paar kort verse verduidelik hoe dit moontlik is. Alles begin met ...  “in die HERE!” Jy kry nie vrede in geld, in besittings, in mense en dinge nie. Hoekom nie? Want blydskap en vrede begin “In die HERE?” Vers 5 sê: Die HERE is naby jou! Hy weet wat jy nodig het, wat jou begeertes is en wanneer om jou gebede te beantwoord. “In die HERE” beteken presies wat dit sê: Om in ’n verhouding met Hom te lewe. Om in Sy Woord en in Sy Wil jou begeertes te vervul – en in dankbaarheid alles te aanvaar wat op jou pad kom! Dis dalk nie maklik om dankbaar te wees oor alles in jou lewe nie, maar dis beslis deel van die resep vir innerlike vrede!

Paulus gaan dan in vers 8 voort om ons nog ’n riglyn vir vrede te gee: “Verder, dink aan alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil. 4:8) Hoor jy? Verstaan jy? Vrede moet ook in jou gedagtes gevestig word deur heeltyd aan die mooi, goeie en rein dinge te dink. Ja, elke keer wat jy jouself betrap dat daar negatiewe om lelike gedagtes in jou kop is, sê STOP! Verwyder daardie gedagte en plaas ’n mooi en nuwe gedagte daar – doen dit vir die HERE, want jy leef mos nou “in die HERE!” Hoe meer jy dit doen, hoe gouer sal jy agterkom dat hierdie vrede van GOD, wat alle verstand te bowe gaan, jou hart en jou gedagtes bewaar en vashou.

Dis só die moeite werd om na hierdie raad uit Filippense 4 te luister. Doen dit biddend en smekend en jy sal hierdie VREDE IN DIE HERE vind! Sê sommer al klaar dankie dat die HERE jou gaan vul met Sy vrede!

Ware Vrede in die Here

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Red Wine Oxtail

Red Wine Oxtail

Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.

OK Foods Gansbaai
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?

Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs

An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026

The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat

Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!

Prime Cuts Meat
See All Articles