Ware Vrede in die Here

Ware Vrede in die Here

Gansbaai Courant

“Wees altyd bly in die Here! ..... Die HERE is naby.......Moet oor niks besorg wees nie...... maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan GOD bekend..... en die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” (Filippense 4:4-7) 

Ai, hoe begeer elkeen van ons nie hierdie eienskappe nie! Blymoedigheid... om ons begeertes te vervul... en ware vrede! Daar is mense wat enigiets sal gee om vrede en blydskap in hulle lewe te ervaar, wat nog te sê van jou wense wat waar word!

Interessant is dat Paulus in Filippense 4 vir ons in ’n paar kort verse verduidelik hoe dit moontlik is. Alles begin met ...  “in die HERE!” Jy kry nie vrede in geld, in besittings, in mense en dinge nie. Hoekom nie? Want blydskap en vrede begin “In die HERE?” Vers 5 sê: Die HERE is naby jou! Hy weet wat jy nodig het, wat jou begeertes is en wanneer om jou gebede te beantwoord. “In die HERE” beteken presies wat dit sê: Om in ’n verhouding met Hom te lewe. Om in Sy Woord en in Sy Wil jou begeertes te vervul – en in dankbaarheid alles te aanvaar wat op jou pad kom! Dis dalk nie maklik om dankbaar te wees oor alles in jou lewe nie, maar dis beslis deel van die resep vir innerlike vrede!

Paulus gaan dan in vers 8 voort om ons nog ’n riglyn vir vrede te gee: “Verder, dink aan alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil. 4:8) Hoor jy? Verstaan jy? Vrede moet ook in jou gedagtes gevestig word deur heeltyd aan die mooi, goeie en rein dinge te dink. Ja, elke keer wat jy jouself betrap dat daar negatiewe om lelike gedagtes in jou kop is, sê STOP! Verwyder daardie gedagte en plaas ’n mooi en nuwe gedagte daar – doen dit vir die HERE, want jy leef mos nou “in die HERE!” Hoe meer jy dit doen, hoe gouer sal jy agterkom dat hierdie vrede van GOD, wat alle verstand te bowe gaan, jou hart en jou gedagtes bewaar en vashou.

Dis só die moeite werd om na hierdie raad uit Filippense 4 te luister. Doen dit biddend en smekend en jy sal hierdie VREDE IN DIE HERE vind! Sê sommer al klaar dankie dat die HERE jou gaan vul met Sy vrede!

Ware Vrede in die Here

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Golf Club May 2024 Newsletter

Gansbaai Golf Club May 2024 Newsletter

As the autumn leaves start to fall, Gansbaai Golf Club is buzzing with excitement for the events lined up this month.

Gansbaai Golf Club
Belangrikheid van Trauma Berading

Belangrikheid van Trauma Berading

“Die belangrikheid van trauma-berading moet nie onderskat word nie,” sê Sers Abigail Naidoo

Gans-Berg Nuus / News
Nuwe Skoolhoof: Mnr. Devin Sauls

Nuwe Skoolhoof: Mnr. Devin Sauls

Mnr. Devin Sauls is suksesvol deur die WKOD aangewys as Laerskool Gansbaai se nuwe Skoolhoof, met intrede vanaf 1 Junie 2024.

Laerskool Gansbaai
Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Pretstap-2024: Geesvolle Avontuur

Op Vrydag, 26 April 2024, het die dapper Gansies reën, koue en wind getrotseer en die staptog aangepak vanaf die skool na Stanfordsbaai en terug.

Laerskool Gansbaai
Collaborating for Conservation

Collaborating for Conservation

The Grootbos Foundation and Cape Nature recently joined forces, along with Zak Essa from the Presidential Employment Stimulus Fund, to meet with the biodiversity stewardship team.

Grootbos Foundation
Cape Agulhas Eco-Tourism Trip

Cape Agulhas Eco-Tourism Trip

This week, our Hospitality Students had a marvellous time experiencing Cape Agulhas as tourists.

Grootbos Foundation
See All Articles