Griewe Grawe Gate

Griewe Grawe Gate

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.” (Spreuke 15:1- 1953 Vert)

“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Mat 7:12)

24 Maart 1989. Die tenkskip Exxon Valdez bots rampspoedig in Alaska teen die Bligh Riff en stort 50 miljoen liter ru-olie in een van die mees asemrowendste plekke in die wêreld. Miljoene otters, visse en seemeeue vrek ’n aaklige besmettingsdood. Wat ’n ramp!

Hierdie botsing, hoe erg dit ook al was, is niks in vergelyking met wat rondom ons in ons verhoudings gebeur nie. Daagliks besmet lelike swart dik ru-olie ons harte en lewens as ons die een of ander wrewel of grief teen iemand koester. Jy ken dit. Iemand het van jou gepraat. ’n Onderwyser het jou verneder. Iemand skuld jou geld. Jou maat was ontrou. Die regering eis meer as wat jy het. En jy? Jy dra ’n GRIEF!

’n Grief. Die woord sê sommer self hoe jy voel: “Grrrrief.” Sê dit stadig en hardop: “Grrrrief.”

Klink soos ’n beer wat grom. “Grrrr....”Of soos ’n hond wat sy been verdedig. Ja, dit is hoe dit voel om in die geselskap te wees van iemand wat ’n grief het teen ’n ander. Niemand hou van grommende honde nie!

Jy ken grief-draers maklik uit. Hulle gooi maklik met modder.

Hulle praat gou oor wat ander mense doen en lug maklik hulle opinies oor alles. Ongelukkig grawe grief-draers ook gate waarin hulleself val! Hulle gate is gewoonlik vol dik swart slik wat hulle hele lewe besmet. Daar is geen blydskap en vreugde meer oor in hulle gedagtes en daaglikse lewe nie. Hulle gesigte wys dit.

Jesus het die antwoord vir sulke mense. “Soek eers die koninkryk van GOD en Sy wil....” (Mat 6:33) “Vergewe jou broer self sewentig maal sewe keer...” (Mat 18:22) “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen.” (Mat 7:12)  Die opdrag wat Jesus gee is reguit: As jy ’n  kind van GOD wil wees moet jy jou wang draai en jou broer, jou maat, jou vennoot, ja, selfs jou vyand (Mat 5:44) liefhê soos wat Hy jou lief het. Jy moet eers weet wat dit beteken dat Hy jou lief het en jou swart besmette lewe wil skoonmaak met Sy bloed voordat jy dit gaan regkry om ander mense raak te sien deur die oë van Jesus. Eers as jy Jesus se gesig in jou broer, suster of vyand se gesig kan sien – sal jou griewe verdwyn. Dis genade!

Griewe Grawe Gate

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles