Ek Verlang Nou Huis Toe

Ek Verlang Nou Huis Toe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”   (Joh 14:3 )

Was jy al ooit met vakansie, of ’n tyd lank weg van jou huis en dan een oggend as jy opstaan weet jy: Ek verlang huis toe! Dan pak jy sommer op en begin dadelik die voorbereidings tref vir die terugrit. Ons noem dit heimwee. Verlange na ons heimat – ouerhuis.

Ek wonder net of ons nog dieselfde verlange of heimwee het na ons Vaderhuis – na die hemel wat ons ewige tuiste gaan wees? Verlang ons om by Jesus te wees? Wanneer laas het jy daardie verlange gehad om by GOD te wees? Hoor jy nog die reën val en dink: WOW! Dit is GOD! Hoeveel dae gaan verby sonder dat jy na die mooi sonsondergang kyk – en dink – die hemel gaan eendag nog baie mooier as dit wees – by die Vaderhuis hou die mooi nooit op nie!

9 Mei 2013. Ons herdenk Hemelvaart. Of nie? Elke dag besef ek net weer hoe leeg my lewe op aarde is. Ek raak ontevrede met alles: Te min avontuur, te min geluk, te min geld, te min geestelike diepte. Dan besef ek weer – dis omdat ek nie soos die dissipels naby Jesus geleef het – en van Hom geleer het nie. Ek het te min van Jesus in my lewe! Ek gaan sit te min stil en dink na oor GOD se grootheid in die natuur. Ek dink te min oor my baie voorregte wat GOD verniet aan my gee:  my kinders, my vrou, my oë, ore, hande en voete. Ek besef te min dat swaarkry my verlange moet versterk na wanneer my Pa my kom haal. Dat alles ten goede meewerk vir dié wat GOD lief het. (Rom 8:28)

Dalk moet ons maak soos die weeskindjie wat gehoor het sy gaan ’n pappa en mamma kry, wat haar eersdaags gaan kom haal. Sy het heeldag na die foto van haar nuwe ouers gekyk en dit vir almal gewys. O, hoe het sy uitgesien na die dag wanneer hulle haar kom haal!

Ons het mos ook ’n  hemelse Pappa wat ons kom haal. Ons, wat weeskinders was, is mos nou erfgename! (Rom 8:17) Jy en Jesus deel dieselfde testament! Wat Hy erf, erf jy ook! Jy is ‘n koningskind met ’n  Paleis vir ’n Vaderhuis! Verlang jy  soos ek Huis Toe?

Verander jou ‘te min’ na ‘meer’! Maak meer tyd saam met Jesus. Vul jou meer met die Heilige Gees en die Woord. Wees meer dankbaar oor wat jy het en ervaar. Verlang meer na GOD en die Vaderhuis wat gaan kom. Word meer en meer soos Jesus!

Verlang meer ‘huis toe’! JA! JESUS KOM ONS HAAL!

Ek Verlang Nou Huis Toe

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles