Marie Uys: 30 Januarie 1935 - 22 Oktober 2023

Marie Uys: 30 Januarie 1935 - 22 Oktober 2023

Gans-Berg Nuus / News

Image

Marie Uys: 30 Januarie 1935 - 22 Oktober 2023

So ongeveer 30 jaar gelede het dié klein bondeltjie energie by die winkel ingestap. Blonde hare hoog opgekam, trippelend op haar hakskoentjies met onberispelike grimering. Langs haar ʼn lang man met gitswart hare alhoewel mens kon sien hy het al geleef. Sy ook, maar die blouselblou oë was lewendig en vonkelend soos ʼn opgewonde tiener, maar om die netjiese mond was ʼn hardkoppige trek. Sy weet wat sy wil hê, het ek gedink en my hand uitgesteek om te groet.

Dit was die dag, ongeveer 30 jaar gelede, wat Marie Uys in my lewe ingestap het. Sy en Piet het kom aftree daar doer uit Namibië. Ou Suidwesters soos ons hulle nog destyds tyd genoem het. Dit was die begin van ʼn lang vriendskap, alhoewel sy ʼn puntenerige kliënt was wat alles presies reg en op sy plek wou hê. Teen die einde was sy sielsgelukkig, haar klein beringde handjies saamgeslaan en opgekyk na Piet. Hy het hom nie gesteur aan gordynspore of die kleur van die matte nie. Solank die liefde van sy lewe gelukkig was, was hy ook.

Piet is 20 jaar gelede oorlede, maar nogtans het Marie voortgegaan om mense se lewens te verander. Op te kikker soos net sy kon.

Marie het nie net my lewe verander nie. Vir elke vriendin, vriend of soms vreemdeling, het sy plek in haar ruim hart gehad en die lewe het vir haar uit opwinding bestaan. Opwinding om ander gelukkig te maak. Sy wou almal verras. Die menige partytjies wat sy in haar braaikamer gehou het, was kosbaar. Niemand mag sommer net gewoonweg geklee opdaag nie. Hobo-, hoede en pyjama-partytjies was deel van haar temas. Soms met ʼn minnesanger as toegif! Ek, en ek glo ook ander, is ʼn verskeie male verras met ʼn ongewone verjaarsdag by haar aan huis.

Tydens haar ongeveer 18 jaar as lid van die VLV was haar kunstige tafelversiering byna legendaries, ʼn ywerige deelnemer aan kompetisies en as sy nie gewen het nie, het Piet geglo daar was ʼn fout by die beoordeling! Onwrikbaar het hy agter haar gestaan.

Vir die bekendstelling van Kare Nawa, Namibië het sy haarself oortref. Hoeveel mense sy met daardie priemende oë oortuig het, wonder ek nou nog, want vanaf die rooi Kalaharisand tot elke versiering was uit ons geliefde land. Kunswerke, eierdoppe, vere tot ystervarkpenne en haar pragtige kerse wat menige funksie in ʼn feëland verander het. Dié kerse eiehandig in haar motorhuis geskep.

Die laaste jare was sy verswak met ʼn uitmergelende siekte, maar wat sy uit daardie spierwit bed van haar kon organiseer, was steeds verstommend. Op 23 Augustus 2023 het ek die laaste Whatsapp van haar ontvang. Dit was ʼn pragtige voordrag van ʼn gedig: I stil matter van Patricia A. Fleming. Gaan lees of luister dit gerus. (You tube) Ek haal net die laaste strofe aan:

So although not as strong and no beauty, it’s true,

I’m still here and want so much to live,

And I know that there’s no one

In this world quite like me,

And no one who has more to give.

Marie het geleef, oorvloedig gegee en was enig van haar soort. Ons sal haar altyd onthou. Ons innige simpatie aan haar drie kinders, Rholeen, Floors, Jimmy en hul gades. Ook aan haar 7 kleinkinders en 11 agterkleinkinders. Namens ons almal ʼn groot dankie aan Annatjie Liebenberg, die mees getroue vriendin en Mary-Anne Wyngaard wat haar versorg het. Ook aan haar omgee-bure.

 
SD Fourie
Marie Uys: 30 Januarie 1935 - 22 Oktober 2023

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

Gans-Berg Nuus / News - 3 July 2026 Edition

From community safety and conservation success to local achievements and exciting events...

Gans-Berg Nuus / News
I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

I Am Building My Best Life in Accordance with What I Desire

There comes a point in every healing journey when you realise that your life can no longer be defined by what happened to you.

Nature's Tiny Pollinator

Nature's Tiny Pollinator

The Grootbos Foundation's Friday news kicks off with a face full of pollen.

Grootbos Foundation
Support Your Pet's Gut Health

Support Your Pet's Gut Health

A healthy gut plays an important role in your pet's overall health...

The Pet Grocer
Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

Overberg Geoscientists Group Newsletter - July 2026

The latest Overberg Geoscientists Group (OGG) Newsletter is now available!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Explore Antarctica with the Overberg Geoscientists Group!

Join the Overberg Geoscientists Group (OGG) for an incredible presentation by environmental scientist and climatologist Paul Lee.

See All Articles