Visvangregte

Visvangregte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Waters bly troebel

Waters bly steeds troebel vir Vissermanne

Ondanks vergaderings en vergunnings en beloftes van her-ondersoeke, blyk dit dat die water steeds troebel bly met verwysing na opskorting van honderde visvangregte wat op 31 Desember 2013 deur die waarnemende Direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Seevisserye, mnr Desmond Stevens, aangekondig is.

Gansbaai Courant het onder die opskrif, “Staat sink Lynvissers”, (Donderdag, 9 Januarie 2014) berig dat hierdie optrede as ‘n “visgraat in die keel van vissermanne” beskryf word. Die voorsitter van die Overstrand Lynvisvereniging, Ockie Viljoen, asook die Lynvissers Wyksverteenwoordiger van Gansbaai, Philip Fourie, het etlike vergaderings in hierdie verband bygewoon. Hierdie week is ‘n opvolg-vergadering op Dinsdag, 21 Januarie 2014 deur die Suid-Afrikaanse Kommersiële Lynvissers Vereniging belê.

Philip Fourie het die Gansbaai Courant soos volg ingelig: “Probleme rakende die kansellering van baie bestaansvissers se visvangregte is nog lank nie verby nie.

Die jongste inligting is dat daar skreiende onregte by die voltooiing van die sogenaamde “score-sheets” van vissermanne deur Minister Joemat Petterson se department plaasvind.

Tydens ‘n vergadering wat op 21 Januarie in Kaapstad gehou is, het die SA Kommersiële Lynvissers Vereniging besluit dat ‘n aansoek vir ‘n dringende interdik teen die Department van Landbou, Bosbou en Seevisserye die enigste oplossing blyk te wees om die Staat te laat besef dat voetjie-voetjie speel nie meer werk nie. Dit is duidelik dat die vissermanne wat tot dusver ‘n besondere behoudende rol in onderhandelings gespeel het, nou meer as gereed is om sake verder te voer.

Die Gansbaai Courant het reeds voorheen berig  dat tot 84 gesinne in Gansbaai deur die inkorting van die broodwinners se visvangregte geraak word. Daar word nou vertrou dat die voorgenome verdere aksies die gewenste uitwerking sal hê om normaliteit in hierdie ontstuimige tyd in vissers se lewens te bring.”

Hardus Botha

Visvangregte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles