Fotografiekennis wink in 2014

Fotografiekennis wink in 2014

Gansbaai Courant

‘n Uitsonderlike foto deur klublid Vera Swart van haar kleinseun, David Kapp, wie se gesiggie presies agter ‘n lugborrel (bubble) was wat hy geblaas het toe die foto geneem is

Gansbaai Fotografieklub is weer vuur en flitsend in 2014 aan die gang. Die eerste byeenkoms op 20 Januarie was gesellig en is goed bygewoon. Nadat die voorsitter, Christo Wessels, almal verwelkom het, is klubaktiwiteite en projekte vir die eerste 6 maande bespreek en goedgekeur. Hy het Linda Kloppers spesiaal bedank vir die netjiese, kleurvolle en gelamineerde Jaarprogram vir die eerste 6 maande wat sy vir elke klublid gereed gekry het.

Gansbaai Courant, maar veral e-posse wat uitgestuur word, moet dopgehou word vir moontlike wysigings, datumverskuiwings, en dies meer,” het Christo gesê.

Enkele opwindende items op die program is die volgende: 2 klub-fotokompetisies met bepaalde tema’s; interessante sprekers wat vooraf aangekondig sal word; opwindende uitstappies en besoeke, ingesluit ‘n fotografie-skattejag; praktiese opleiding; leersame werkswinkels; genoeg tyd vir sosiale samesyn.

Ledegelde beloop ‘n skrale R10 per maand en is betaalbaar by Veronica du Plessis (084-826-8781). Lede het 3 van hulle beste vakansiefoto’s saamgebring, waarna rustig gekyk kon word. Soos gewoonlik is uitstekende foto’s vertoon, maar hierdie keer is dit nie beoordeel of bespreek nie - dit kon net as ‘n gesellige afskop vir 2014 geniet word.

Die volgende byeenkoms is op 3 Februarie 2014, waartydens ‘n inleidende inligtingsessie oor die teorie (hoe dit werk) van AV’s (audio visual) deur Clive Bailey en Marc du Plessis aangebied sal word. Tydens die daaropvolgende byeenkoms, 17 Februarie 2014, kan lede hulle AV’s saambring wat in groepe bespreek sal word. Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant Gansbaai Laerskool se agterste hek. Beginners is altyd welkom en niemand sal “uit” voel nie.

Vir navrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Fotografiekennis wink in 2014

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles