OMGEE Bedieninge se 2de jaar

OMGEE Bedieninge se 2de jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ds Deon Kloppers en sy eggenote, Linda

O.M.G.E.E. Bedieninge van ds Deon Kloppers en sy eggenote, Linda, het op Woensdag, 22 Januarie 2014, hulle 2de verjaardag gevier.

Op Sondag, 20 Januarie 2014 is die gemeentelede met die Heilige Nagmaal tydens die Erediens bedien, waarna hulle gesellig saam ‘n Sondag-middagmaal genuttig het en gesellig saamgekuier het ter herdenking van die verjaardag-geleentheid. “Dit is met dankbaarheid dat ons kan terugkyk op die afgelope 2 jaar waartydens ons bediening gegroei het in liefde, omgee en ondersteuning aan mekaar en die gemeenskap,” het Deon gesê. “Die doel van O.M.G.E.E bly steeds om God te erken en in alles te eer met wat ons doen en sê en waar ons ook al gaan.” Hy sê hulle fokus veral op mense wat vervreemd geraak het van kerk toe gaan, om watter rede ookal, en om aan hulle die boodskap van liefde en verlossing uit te dra. “Ons werk graag saam met al die kerke in Gansbaai om God se liefde uit te dra.”

Die volgende opwindende projekte word vir hierdie jaar beplan: Danie Botha tree gratis op Valentynsdag, 14 Februarie by die Gansbaai AGS-gemeente op en almal word hartlik uitgenooi om in die liefde van Jesus te kom deel. Op 4 Mei is dit weer tyd vir die gemeente se baie gewilde teelepel-ete en op 25 Julie bied hulle ‘n “Winterkersfees-ete” aan. Dit beloof om ‘n heerlike en gesellige kuieraand te wees. Die dorp se dames kan ook uitsien na ‘n naweekkamp saam met Rosa Roode, met die datums wat later bevestig sal word. “Deon en Linda nooi jou hartlik uit om te kom hallo sê!”

Enige navrae kan aan Deon en Linda by 083-234-2199 of 082-550-7313 gerig word.

Hardus Botha

OMGEE Bedieninge se 2de jaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles