OMGEE Bedieninge se 2de jaar

OMGEE Bedieninge se 2de jaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ds Deon Kloppers en sy eggenote, Linda

O.M.G.E.E. Bedieninge van ds Deon Kloppers en sy eggenote, Linda, het op Woensdag, 22 Januarie 2014, hulle 2de verjaardag gevier.

Op Sondag, 20 Januarie 2014 is die gemeentelede met die Heilige Nagmaal tydens die Erediens bedien, waarna hulle gesellig saam ‘n Sondag-middagmaal genuttig het en gesellig saamgekuier het ter herdenking van die verjaardag-geleentheid. “Dit is met dankbaarheid dat ons kan terugkyk op die afgelope 2 jaar waartydens ons bediening gegroei het in liefde, omgee en ondersteuning aan mekaar en die gemeenskap,” het Deon gesê. “Die doel van O.M.G.E.E bly steeds om God te erken en in alles te eer met wat ons doen en sê en waar ons ook al gaan.” Hy sê hulle fokus veral op mense wat vervreemd geraak het van kerk toe gaan, om watter rede ookal, en om aan hulle die boodskap van liefde en verlossing uit te dra. “Ons werk graag saam met al die kerke in Gansbaai om God se liefde uit te dra.”

Die volgende opwindende projekte word vir hierdie jaar beplan: Danie Botha tree gratis op Valentynsdag, 14 Februarie by die Gansbaai AGS-gemeente op en almal word hartlik uitgenooi om in die liefde van Jesus te kom deel. Op 4 Mei is dit weer tyd vir die gemeente se baie gewilde teelepel-ete en op 25 Julie bied hulle ‘n “Winterkersfees-ete” aan. Dit beloof om ‘n heerlike en gesellige kuieraand te wees. Die dorp se dames kan ook uitsien na ‘n naweekkamp saam met Rosa Roode, met die datums wat later bevestig sal word. “Deon en Linda nooi jou hartlik uit om te kom hallo sê!”

Enige navrae kan aan Deon en Linda by 083-234-2199 of 082-550-7313 gerig word.

Hardus Botha

OMGEE Bedieninge se 2de jaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles