Vissermans Verootmoedigingsdiens

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Gansbaai Courant

‘n Deel van die goeie opkoms van mense by die onlangse Vissermans Verootmoedigingsdiens in Gansbaai Hawe, met die Christelike Mannekoor Blompark links

2014 se Interkerklike Vissermans Verootmoedigingsdiens in Gansbaai Hawe op 19 Januarie 2014 is besonder goed bygewoon. Past Frikkie Zeelie het die diens geopen en die verwelkoming behartig, waarna die program sonder verdere aankondigings sinvol verloop het. Enkele Afrikaanse en Engelse Lofprysingsliedere is hartlik onder leiding van Dirk en Eva Büchner, Mike Schröder en past Beryll Coetzer gesing, met Adri Ehlers agter die sleutelbord en Elize Schröder wat die klankstelsel beheer het.

Past Brian Bartlett van Gansbaai Family Church het sy Engelse boodskap op Ps 18 baseer. Hy het die klem op die afhanklikheid van God geplaas, met God wat in elkeen se diepste nood altyd daar is. Dr Bobo van Zyl van Gansbaai NG-gemeente het in sy Afrikaanse boodskap met Matt 16 en Ps 73 op hierdie afhanklikheid van God voortgebou, met verwysing na God se troue sorg wat altyd daar is. Daarna het die Christelike Mannekoor Blompark, met Aletta Lochner as dirigent, twee liedere, O Heer my God en It shall flow like a River, gesing.

Die Gebed van Jabes is as slotlied gesing, met ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente wat die volgende op die program voorgelees het: “Die storms woed, maar golwe en wind is in die hande van die Here - en deurdat ek op Hom vertrou, vrees ek nie, want Hy’s in beheer - ek kan nie die winde se rigting bepaal nie, maar ek kan my seile reg instel!” Daarna het ds Van Dyk die byeenkoms met die Seëngroet afgesluit.

“Ons is dankbaar vir die goeie opkoms, asook teenoor almal wat vooraf gewerk het om die reëlings vlot te laat verloop, asook en veral aan Gansbaai Marine vir die borg van hierdie diens,” het die organiseerder, Johan van Dyk gesê.

Hardus Botha

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles