Vissermans Verootmoedigingsdiens

Vissermans Verootmoedigingsdiens

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Deel van die goeie opkoms van mense by die onlangse Vissermans Verootmoedigingsdiens in Gansbaai Hawe, met die Christelike Mannekoor Blompark links

2014 se Interkerklike Vissermans Verootmoedigingsdiens in Gansbaai Hawe op 19 Januarie 2014 is besonder goed bygewoon. Past Frikkie Zeelie het die diens geopen en die verwelkoming behartig, waarna die program sonder verdere aankondigings sinvol verloop het. Enkele Afrikaanse en Engelse Lofprysingsliedere is hartlik onder leiding van Dirk en Eva Büchner, Mike Schröder en past Beryll Coetzer gesing, met Adri Ehlers agter die sleutelbord en Elize Schröder wat die klankstelsel beheer het.

Past Brian Bartlett van Gansbaai Family Church het sy Engelse boodskap op Ps 18 baseer. Hy het die klem op die afhanklikheid van God geplaas, met God wat in elkeen se diepste nood altyd daar is. Dr Bobo van Zyl van Gansbaai NG-gemeente het in sy Afrikaanse boodskap met Matt 16 en Ps 73 op hierdie afhanklikheid van God voortgebou, met verwysing na God se troue sorg wat altyd daar is. Daarna het die Christelike Mannekoor Blompark, met Aletta Lochner as dirigent, twee liedere, O Heer my God en It shall flow like a River, gesing.

Die Gebed van Jabes is as slotlied gesing, met ds Dirk van Dyk van Gansbaai NG-gemeente wat die volgende op die program voorgelees het: “Die storms woed, maar golwe en wind is in die hande van die Here - en deurdat ek op Hom vertrou, vrees ek nie, want Hy’s in beheer - ek kan nie die winde se rigting bepaal nie, maar ek kan my seile reg instel!” Daarna het ds Van Dyk die byeenkoms met die Seëngroet afgesluit.

“Ons is dankbaar vir die goeie opkoms, asook teenoor almal wat vooraf gewerk het om die reëlings vlot te laat verloop, asook en veral aan Gansbaai Marine vir die borg van hierdie diens,” het die organiseerder, Johan van Dyk gesê.

Hardus Botha

Vissermans Verootmoedigingsdiens

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles