Graad Agt Inlywing Prettige aand vir nuwelinge



Die aand waar die nuwe “Nemos” waardige Sharkies word was ‘n prettige geleentheid vanjaar. Vrydag 17 Januarie is die nuwe graad agts eers getoets met groepaktiwiteite waar potensiële leiers geïdentifiseer word (tussen die gelag deur). Groepe moes twee beentjie en drie beentjie resies hardloop, geblinddoek om die skool loop en na die leier se stem luister, gees vang, skoollied leer en lekker konsert hou. Tussendeur was daar ‘n toets oor die skool se geskiedenis en uiteindelik is die nuwe outjies ingelyf as Sharkies tydens die kersie seremonie. Mnr Wilsin, prinsipaal, steek elke leerder se kersie aan en dan word die Sharkie belofte gelees. Die leerders het die bedrywighede baie geniet en oor die kleur- en kultuurgrense heen nuwe vriende gemaak.

Liezel Mostert