OBK mag maar spog

OBK mag maar spog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Anton Kriel van die Overberg Boothengelklub met sy yslike Steenbras (8kg)

Die Overberg Boothengel-klub (OBK) het tydens hulle eerste boothengelkompetisie vir 2014 op 18 Januarie uitstekend gevaar.

“Ons het die jaar met ‘n interklubkompetisie tussen die OBK en die Birkenhead Boothengelklub (BBK) afgeskop, die eerste van 5 soda-nige kompetisies,” vertel Riaan van Staden van OBK. “Die weer was goed en die vangstes nog beter.” Die bemanning van die 10 bote wat uitgevaar het, het die dag terdeë geniet, asook die gesellige saamkuier by die inweegskaal.

“Die manne is vroegdag, 6-uur, see toe en ek verstaan daar was van die skippers wat baie rondgevaar het en dit was moeilik vir sommiges om 1kg visse te kry.” Lyne is teen 16:00 op-getrek en die skaal was reeds vanaf 15:00 beskikbaar. Riaan sê hulle was verras deur die aantal mooi Wit Steenbras wat ingeweeg is, veral toe Bev Swart van die BBK sy Wit Steenbras van 5.3kg eerste kom inweeg wat hulle die voortou laat neem het. Daarna het die Birkenheaders ‘n Roman van 1.35kg en ‘n Kabeljou van 1.8kg skaal toe gebring, maar hulle voorsprong is daarna verbygesteek.

Die OBK se twee knap juniors het kom inweeg: Werner van Zyl met ‘n Hottentot (1.1kg), Divan Burger met ‘n Geelbek (3.75kg) en Christof Dahl met ‘n Steenbras (4.65kg). Die top boot was Marne met skipper Wayne Middelton. Sy bemanning het 4 spesies gevang: 3 Gurnets, 1 Geelbek (2.25kg) en ‘n Steenbras (5.0kg). Eric Dahl het ‘n 4.2kg Steenbras ingeweeg, Lukas Holtzhau-sen en Gert du Plessis elk ‘n Hottentot en ‘n Kabeljou, met Amanda van Staden wat ook ‘n stewige Hottentot ingeweeg het.

“Toe kom daar die groot een,” sê Riaan. “Anton Kriel stap nader met net een vis in sy visbak - ‘n allemintige Wit Steenbras van 8.0kg!” Gelukkig kon die hengelaars darem ná so ‘n lang en bedrywige dag op see iets te ete kry, asook ‘n “koeligheid” vir die keel om die dag mee af te sluit. “Dankie aan almal se deelname wat tot die sukses bygedra het en dit was lekker om almal daar te sien.”

Die volgende gesamentlike kompetisie is eers weer in April, waar almal by die BBK sal aanmeld. OBK se volgende kompetisie is op 8 Februarie te Struisbaai. Navrae rakende die OBK kan aan Riaan van Staden by 082-929-8688 gerig word.

 Hardus Botha

OBK mag maar spog

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles