Geelstert en drama

Geelstert en drama

Gansbaai Courant

Voor is seereddingsbeamptes op hul boot en agter is dit die Southern Star, met My China van Eldo Marais in die middel

Ons was Saterdag op die 12-myl bank in Struisbaai en as een van daardie massiewe geelsterte besluit om jou aas te vat, word baie dinge vir jou duidelik. Ek is geen ekspert op hierdie gebied nie en was aangewese op wat ek aanbeveel is om te doen. Daardie eerste vatslag het my tot in my tone geruk en het die dag reeds ‘n sukses gemaak. Skipper Eldo Marais het vir Mychina kundig tussen die ander bote geplaas en oral om ons was dit pure blinklywe. Wat gou duidelik geword het was dat hierdie geelsterte met ordentlike “tackle” aangepak moet word. Die ander manne het reeds van die monsters in die boot gehad en ek het gewonder  --  is dit dalk een van daardie dae? Toe die eerste vatslag kom en die geelstert hang, het ek besef, hier kom pêrre. My lyn was redelik aan die swaar kant maar het gebreek met die vis halfpad op. My eerste verandering was ‘n swaarder sinker, in plek van my bulletjie, sommer ‘n knewel! Toe is ek weer in die water maar my hoek was te klein. Nog ‘n mooi vis daarmee heen. Dis toe dat ek my snoekgereedskap nadertrek en met die swaarder sinker en die spul baie anders opgemaak, ook my eerste blinklyf in die laatjie kry. Toe volg nog ene  --  net baie groter. Ons het begin bymekaarmaak en wat ‘n belewenis!

Dís toe dit gebeur. ‘n Groot rubberboot kom met ‘n geweldige spoed sommer hier teen ons verby en veroorsaak dat ‘n golf water hier tussen ons voete beland. Die agterkant van Mychina sak weg in die water en dit lyk onheilspellend toe die boot half oorstroom word. Ons los ons lyne (wat ‘n kraaines!) en gee pad na die ander kant maar Mychina besluit genoeg is genoeg en bly so skuins hang. Gelukkig, en dankie tog, daar is ander bote wat ons te hulp snel en ons klim op die ou end oor op een van hulle. Die manne het duikpakke aan en swem na ons boot en red van die visse wat besluit het om sommer in die boot rond te swem. En hulle moet klou want die vis is groot en nog springlewendig. Toe kom ‘n tjokkaboot en ons klim oor soontoe. Die manne is nie net hulpvaardig nie maar baie vriendelik en doen alles in hulle vermoë ons ons gerus te stel. Een van hulle moes ook eers swem om die ankertou aan te koppel. Ons moet intussen dophou hoe Mychina met al die gesukkel al laer neig.

Die NSRI is intussen ontbied en ook na hulle swemmery is ons opgekoppel en op pad terug Struisbaai toe. Wat vir ons ‘n baie aangename openbaring was was die mense se vriendelikheid, hulpvaardigheid en professionalisme. Ons kan net sê baie dankie en het groot waardering vir julle vrywillige diens.

Op Struisbaai aangekom was daar verdere drama, want ons kon ons motors nie aan die gang kry nie, en dit was ‘n gesukkel om die boot op die sleepwa te kry. Weer eens, baie dankie aan al die mense wat sommer net ingespring en gehelp het. Dankie aan Hom vir sy beskerming. Eldo sê ons is binnekort weer reg vir die volgende sessie.

Goeie nuus is die besonderse goeie vangste van steenbras, geelbek en kabeljou wat Saterdag naby Holbaai gedoen is. Die boothengelaars het uitstekend gevaar. Lees elders in die Courant hieroor. 

Groete, Seemeeu 

Geelstert en drama

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles