Besigheidsliga 2014

Besigheidsliga 2014

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is 'n gesegde in Engels wat sê” “All work and no play make Johnny a dull boy”.

Dit is een van die redes waarom daar elke jaar in die Boland en elders 'nbesigheidsliga aangebied word waartydens spanne bestaande uit lede van besighede op dorpe waar rolbal gespeel word, onder mekaar meeding op 'n lighartige en prettige manier. Dit word gedoen onder beskerming van die rolbalklubs op die onderskeie dorpe en dit het ook ten doel om rolbal bekend te stel en te bevorder in die hoop dat meer spelers by klubs sal aansluit om die spel te geniet en die kameraadskap wat onder rolbalspelers bestaan te ervaar. Rolbal is lank nie meer 'n spel vir bejaardes nie en die vaardighede en dissipline wat die spel vereis, bewys diegene verkeerd wat nog onder daardie indruk verkeer sodra hulle aan die spel begin deelneem.

Die Besigheidsliga begin by Franskraal Rolbalklub op Dinsdag, 4 Februarie 2014 om 18:00 en word op elke Dinsdag daarna vir die volgende vyf of ses weke gespeel.  Die uiteindelike wenspan kry dan die geleentheid om teen spanne van ander dorpe in die Boland te speel om die algehele wenner in die Boland vir 2014 te bepaal.  'n Span van Gansbaai/Franskraal was al wenners. Dus as jou besigheid nog nie ingeskryf is nie, doen dit asseblief dadelik. 

Vir meer besonderhede skakel gerus vir Archie Chambers by 082-4688765.  Dit is groot pret.  Kom wees deel daarvan.

Pieter Conradie

Besigheidsliga 2014

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh Your Coastal Retreat with Koekeloer's Latest Nautical Decor

Refresh your beach or holiday home with Koekeloer's nautical decor

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles