Besigheidsliga 2014

Besigheidsliga 2014

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar is 'n gesegde in Engels wat sê” “All work and no play make Johnny a dull boy”.

Dit is een van die redes waarom daar elke jaar in die Boland en elders 'nbesigheidsliga aangebied word waartydens spanne bestaande uit lede van besighede op dorpe waar rolbal gespeel word, onder mekaar meeding op 'n lighartige en prettige manier. Dit word gedoen onder beskerming van die rolbalklubs op die onderskeie dorpe en dit het ook ten doel om rolbal bekend te stel en te bevorder in die hoop dat meer spelers by klubs sal aansluit om die spel te geniet en die kameraadskap wat onder rolbalspelers bestaan te ervaar. Rolbal is lank nie meer 'n spel vir bejaardes nie en die vaardighede en dissipline wat die spel vereis, bewys diegene verkeerd wat nog onder daardie indruk verkeer sodra hulle aan die spel begin deelneem.

Die Besigheidsliga begin by Franskraal Rolbalklub op Dinsdag, 4 Februarie 2014 om 18:00 en word op elke Dinsdag daarna vir die volgende vyf of ses weke gespeel.  Die uiteindelike wenspan kry dan die geleentheid om teen spanne van ander dorpe in die Boland te speel om die algehele wenner in die Boland vir 2014 te bepaal.  'n Span van Gansbaai/Franskraal was al wenners. Dus as jou besigheid nog nie ingeskryf is nie, doen dit asseblief dadelik. 

Vir meer besonderhede skakel gerus vir Archie Chambers by 082-4688765.  Dit is groot pret.  Kom wees deel daarvan.

Pieter Conradie

Besigheidsliga 2014

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles