Bev Swart van die Birkenhead Boothengelklub met sy Wit Steenbras (5.3kg)
Die Overberg Boothengelklub (OBK) en die Birkenhead Boothengelklub (BBK) het, om vriendskapsbande te verstewig en te verseker dat meer booteienaars per kompetisiedae betrek word, besluit om meer gereeld gesamentlike kompetisies te hou.
Die eerste gesamentlike hengeldag was op Saterdag, 18 Januarie 2014. “Die gemiddeld van die twee klubs se jaartotale sal wel aan die einde van die jaar bepaal wie die trofee gaan ontvang, maar tot dan draai alles rondom onderlinge verhoudinge en gesellige boothengelkompetisies,” het die nuutverkose voorsitter van die BBK, Philip Fourie gesê. Die klubs hengel onder hul eie klubreëls en bepalings, maar vergader saam vir die skippersvoorligtings- en inweegsessies en om die beurt by die onderskeie klubgeboue. Die bemanning van die 5 bote wat elke klub ingeskryf het, het tydens die eerste kompetisie uitstekend gevaar, met OBK wat die BBK manne behoorlik pak gegee het.
Die BBK het besluit om voorlopig hulle kilogramstelsel na ‘n puntestelsel om te skakel. Hierdie stelsel maak gebruik van ‘n formule wat die aantal spesies in berekening bring. Die aantal bemanningslede van BBK se 5 bote was 15, ingesluit 1 dame.
Sewe verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis wat ingeweeg is, was 129 met 'n totale massa van 82.3kg, wat ‘n gemiddeld van 5.49kg per hengelaar beteken.
Die volledige uitslae is soos volg: Swaarste vis, Bev Swart (Wit Steenbras - 5.3kg); 2de Swaarste vis, Thys Fourie (Kabeljou - 1.8kg); Swaarste sak, Bev Swart (12.98 punte); 2de Swaarste sak, Piet le Roux (7.43 punte); Swaarste bootgemiddeld, Bella Me van Bev Swart (10.02 punte); 2de Swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (6.88 punte); Dame Swaarste sak, Dixie Walsh (5.45 punte). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Bella Me van Bev Swart (10.02 punte); Nu-Nu van Johan Burmeister en Gawie Krugel (6.88 punte); Relêks 2 van Jean Downing (6.46 punte). Mans Visvangkampioene - Bev Swart (12.98 punte); Henri Punt (6.99 punte); Steve Muller (6.50 punte). Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (5.45 punte).
Die Birkenheaders se kompetisie is deur Gannet Financial Services van Philip en Lorraine Fourie geborg en hulle kan by 028-388-0076 vir puik versekeringsdienste gekontak word.
BBK klubnavrae kan aan voorsitter Philip Fourie by 082-747-3634 gerig word en kompetisienavrae aan wedstrydsekretaris Johan Burmeister by 082-895-7647.
Hardus Botha

Divan Burger (9) met sy Geelbek (3.75kg) en Christof Dahl (10) met sy Wit Steenbras (4.65kg) van Overberg Boothengelklub
OBK en BBK se 10 Bote
23 January 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Red Wine Oxtail
Warm up this winter season with rich, slow-cooked oxtail, gently infused with garlic and oregano.
What Kind of Relationship Do I Truly Want to Create?
Once we begin to recognise that our beliefs influence the relationships we create, another question naturally follows.
Grootbos Foundation Empowers Entrepreneurs
An important part of the journey of an entrepreneur is evaluating their own personal starting position and identifying their progress...
Overstrand Tourism Diary: 15 - 19 July 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
SARS MOBILE UNIT VISITING OVERSTRAND IN AUGUST 2026
The South African Revenue Service (SARS) Mobile tax unit will be in Overstrand on selected dates from 09:00 to 15:00...
Braai Perfection Starts at Prime Cuts Meat
Nothing beats the taste of quality pork rashers on the braai!












