Kom Skeppergees kom waai deur my

Kom Skeppergees kom waai deur my

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

O, ons bly in ’n omgewing waar daar sóveel wonderwerke plaasvind! Neem nou maar die winde wat so baie rondom ons waai: Ons weet nie waar dit vandaan kom of waarheen dit gaan nie, tog vul dit ons lugruim met wolke vol reën. Dis genade! Geen wonder dat Jesus die Heilige Gees met ’n wind vergelyk nie. Interessant is dat dieselfde woord wat vir wind gebruik word ook vir die Heilige Gees gebruik word –(Pneuma) -  GOD wou dit só hê!

(Kom sit gou saam met Nikodemus aan die voete van Jesus en leer om die Heilige Gees dalk vir die eerste keer in jou lewe regtig te verstaan!)

Die wind waai waar hy wil. Ons sal nooit ‘n wind kan vaskeer of beperk met enige menslike struktuur nie. Die Heilige Gees werk ook in mense, soos ek en jy, soos Hy wil – ons kan Hom nie inperk of vaskeer nie. As GOD iemand se lewe wil verander sal die Heilige Gees dit regkry!

GOD alleen laat die wind waai. Die wind waai omdat GOD dit wil laat waai. Ps 135:7 sê: “Hy laat die wolke opkom oor die horison, Hy maak die weerligstrale vir die reën en bring die wind te voorskyn.” GOD alleen weet waar die winde vandaan kom – Hy beheer dit met Sy natuurwette –en só beheer GOD die werking van die Heilige Gees in ons lewens – Dis genade  op sy beste!

Ons kan die wind se geluid hoor. Luister, sê Jesus vir Nikodemus, jy kan hoor die wind waai! Dis omdat daar beweging is – die wind waai iewers heen – teen bome en geboue vas – en gaan waar GOD dit stuur! Die Heilige Gees waai teen ons harte vas – ons hoor die Woord van GOD  – en kom tot geloof  - en ons lewens verander (ons word opnuut gebore!) - omdat die Heilige Gees ons verander!

Waar die wind waai is beweging  – vernuwing! Die wind weet ons, waai skoon. Dit sal vir jou ‘n duidelike teken wees as jy kan sien (hoor) hoe jou lewe verander – jy begin verlang na GOD se wil in jou lewe. Kyk maar na die tekens – jou gedagtes en optrede word nuut!

Ja! GOD die Heilige Gees werk kragtig in elke christen– hoe en waar weet ons nie – maar dit gebeur elke dag!

Kom Skeppergees kom waai deur my

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles