Overstrand Munisipaliteit het ‘n skoon oudit vir die 2012/2013-boekjaar behaal. “Die munisipaliteit het die afgelope 6 jaar ongekwalifiseerde ouditverslae gekry, maar vanjaar het ons ‘n skoon oudit ontvang,” het Burgemeester Nicolette Botha-Guthrie tydens Januarie 2014 se spesiale raadsvergadering gesê.
Inwoners kan nou weet dat die dorp se geldsake en algemene bestuur gesond is .
ʼn Ongekwalifiseerde ouditverslag beteken dat die finansiële rekords van die Munisipaliteit in orde is, maar dat daar sekere sake is wat aandag moet geniet. ʼn “Skoon Oudit” beteken dat die Ouditeur-Generaal tevrede is en dat alle wette en regulasies wat daargestel is, nagekom word.
My dank en waardering aan almal, veral die amptenare agter die skerms, vir hul harde werk en toewyding wat ʼn "skoon administrasie", verseker. Dit wys dat Overstrand Munisipaliteit tot ‘n doeltreffende administrasie verbind is en dat daar goeie samewerking tussen politici en amptenare is. Die munisipaliteit beskik ook oor bekwame personeel.
Overstrand Munisipaliteit is een van slegs 11 munisipaliteite in die provinsie wat ‘n skoon oudit vir die 2013-boekjaar kon behaal.
• Die oudit verslag is vervat in die konsep jaarverslag vir 2012/13 wat ook by die spesiale raadsvergadering ter tafel gelê was. Die konsep jaarverslag is beskikbaar aan die publiek vir kommentaar tot Vrydag, 28 Februarie 2014. Afskrifte is beskikbaar by die biblioteke en administratiewe kantore. Alternatiewelik kan dit afgelaai word van die munisipaliteit se webblad www.overstrand.gov.za
Skoon oudit vir Overstrand
30 January 2014Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Florilegium Developing Story
These images tell a story that we plan to share using botanical art.
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026
Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!
Gans-Berg News - 24 April 2026
This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience
Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.
When Inner Worth Meets Outer Reality
It is about the gap between what we expect externally…











