Veteraan Drywer tree af

Veteraan Drywer tree af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Onderskeidelik links en regs is die booteienaars van Edelweiss, Anna Germishuys en Mike Germishuys met die afgetrede Henry Valentine tussen hulle.

Henry Valentine (61), ‘n veteraan Drywer en Visserman op die Pelagiese Vissersboot, Edelweiss van Mike en Anna Germishuys, het teen einde Desember 2013 besluit dis tyd om die tuig neer te lê.

Henry het in 1968 (45 jaar gelede) as ‘n 15-jarige seun op die bote begin werk. Eers was dit op die eerste Rietgans, daarna op Caprivi en toe op Edelweiss. “Henry was ‘n baie verantwoordelike en veral ‘n netjiese Drywer,” vertel Lorraine Germishuys, wat die afskeidsgeselligheid in die Birkenhead Boothengelklub se saal gereël het. “Ek onthou dat Mike altyd baie trots was wanneer die Surveyor hom meedeel dat hy die mees netjiese masjienkamer in die baai het!” Maar sy sê dat Henry ook ‘n knap lynvisserman was en wyle Johnny en Mike Germishuys moes gereeld “uithaal” om by Henry se vaardighede by te hou. Henry word as ‘n pligsgetroue en vriendelike persoon beskryf wat ook altyd met humor gereed gestaan het. Hy was ook nooit laat vir werk nie en wanneer die Skipper opdaag was die boot se enjins al aan die gang.

Henry is op 29 April 1953 in Gansbaai gebore en op 23 November 1974 (39 jaar gelede) tree hy met Corrie in die huwelik. Die egpaar het 8 kinders (3 seuns en 5 dogters), 16 kleinkinders en 1 agterkleinkind. Ondanks sy aftrede, behou Henry steeds sy belange by Germishuys en Groenewald.

Anna Germishuys het die pragtige en geraamde sertifikaat namens die Germishuys-familie aan Henry oorhandig. Die volledige Germishuys-geslag van 4 geslagte saam met wie Henry ‘n pad gestap het, behalwe wyle “Oupa” Johnny (saam met wie Henry ook ‘n pad gestap het), was tydens die geselligheid teenwoordig: Pa Mike en sy twee seuns, JP en Mikie Die 5de geslag, JP se baba seuntjie, MJ (ook Mike), is hierdie week op Maandag, 27 Januarie 2014 gebore.

“Ons bedank jou graag vir die 45 jaar se diens en wens jou net die allerbeste toe. Ons het dit goedgedink om jou aftrede ‘gemaklik’ te maak en ‘n groot TV-stoel as afskeidsgeskenk vir jou gekoop,” was Lorraine se afsluitingswoorde aan Henry, voordat die gaste heerlike braaivleis en bykosse geniet het.

Hardus Botha

Voor vlnr is Henry Valentine, Mike Germishuys en sy seun, JP Germishuys. Agter vlnr is Bertie Smit, Petrus Bester, Dawie Baardman, Mike Germishuys (Jnr), Darick Malonti, Mike Dunsdon, Herman Groenewald en Attie Wilshut.

Veteraan Drywer tree af

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles