GRATIS Sterilisasie veldtog

GRATIS Sterilisasie veldtog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die pragtige kwilt met diere-prentjies wat deur die Pearly Patchers Quilting Group aan BARC geskenk is

BARC se volgende gratis sterilisasie-veldtog vir honde en katte sal op 11 en 12 Februarie 2014 tussen 09:00 en 16:00 op die velde van Gansbaai Gemeenskaplike Sportgronde (“ABSA Spaces for Sport”) agter die kantore van Gansbaai Munisipaliteit plaasvind. Slegs eienaars met ‘n inkomste van R4,500 en minder sal daarvoor kwalifiseer en bewys van inkomste moet getoon word.

‘n Klein donasie as bydrae sal verwelkom word. Honde moet aan leibande wees en katte in hokke/mandjies. Honde vanuit die breër gemeenskap sal ook gratis gedip word. Mense met vervoerprobleme kan vir Antonie Jordaan by 083-742-3903 skakel of vir Annalie Jonker by 082-826-0631.

“Groot dankie vir kwilt!” Die Pearly Patchers Quilting Group, by name Anne, Mariana, Cheryl, Beatrice, Dianne, Carol, Marietjie, Annette, Mansie, Jenny, Ina en Margaret, het ‘n pragtige en kleurvolle kwilt van 212 x 165cm gemaak en dit aan BARC geskenk. Dit word teen R10 per lootjie uitgeloot en die trekking sal teen die einde van April deur Deon Pitzer gedoen word. Die gemeenskap se ondersteuning sal opreg waardeer word.

Lootjielyste is by die volgende plekke (met dank teenoor hulle) beskikbaar: Chicken Land, Salon Janine, Dr L Trollope (Veearts), Petshop, Fabriekswinkel, Deon Pitzer se kantore, Bon Bon, Salon Tizelle, Needles en Pins, Biblioteek, Rooi Bier en BARC se winkel. Die kwiltwerk kan by BARC se winkel, hoek van Hoof- en Korporasiestrate besigtig word. Annalie bedank graag vir Roman Bay Sea Farm (dierekos ter waarde van R1,000) en SECMA (R3,000 kontant).

“Ons BARC Winkel was en is steeds ‘n baie belangrike bron van inkomste en ‘n baie spesiale dankie aan die gemeenskap vir al die skenkings, kontantdonasies en voortdurende ondersteuning,” sê sy. “Gansbaai het mense met groot harte en dankie dat julle nie van BARC vergeet nie. Dit is juis hierdie wyse van ondersteuning wat BARC in staat stel om gratis sterilisasie-veldtogte aan te pak.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Antonie Jordaan (Veldwerker) by 083-742-3903 geskakel word.         

Hardus Botha

GRATIS Sterilisasie veldtog

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles