Mej Fees en gevolg skop af

Mej Fees en gevolg skop af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vlnr is Rigardo Plaatjies, Tertia Pietersen, Mariska Mouers en Renaycia Pietersen in Sophie Lourens se kamer tydens die groep se besoek aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes

Mej Fees van die Ganse (2013/14) en haar gevolg het sommer vroeg in die jaar besluit om met hulle ambassadeurswerk in Gansbaai te begin. Mariska Mouers (Mej Fees van die Ganse), met die twee susters as haar prinsesse, Renaycia Pietersen (1ste Prinses) en Tertia Pietersen (2de Prinses) het saam met hulle organiseerder, Rigardo Plaatjies op Saterdag, 25 Januarie welwillendheidsbesoeke aan Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum afgelê.

Die driestuks het mooi-versierde geskenkpakkies met koekies aan die onderskeie bejaardes oorhandig en geselsies met hulle aangeknoop. “Ons is oral goed en met dankbaarheid ontvang en het baie tuis gevoel,” vertel Mariska. “Hierdie besoeke was nog net die begin van hulle verantwoordelikhede vir 2014,” het Rigardo gesê. Enkele openbare optredes wat nog in die pyplyn is, is onder andere ‘n besoek aan BARC, nog besoeke aan die Tehuise vir Bejaardes en hulpverlening gedurende skoolvakansies by die Sopkombuis in Beverley Hills en kleuterskole. Hierdie drie pragtige dametjies is leerders van Gansbaai Academia en laat beslis nie op hulle wag om gemeenskapsdiens as deel van hulle “koninklike” verantwoordelikhede te doen nie.

Hardus Botha

Die Feestelike “Koninklikes” tydens hulle besoek aan Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum, met voor vlnr Tertia Pietersen, Mariska Mouers, Renaycia Pietersen en Rigardo Plaatjies

Mej Fees en gevolg skop af

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles