Masakhane se groentetuin

Masakhane se groentetuin

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Met ingang van 2014 is ek nie meer die Eko-skole se koördineerder in Gansbaai nie, maar ek bedank graag Gansbaai Courant vir die goeie ondersteuning wat ek deurgaans ontvang het,” sê Marlette Longland. “Al Gansbaai en Stanford se skole sal voortaan saam met Hermanus se skole gekoördineer word, met Anina Lee wat vir inligting oor die nuusgebeure sal sorg.

Die drie onderwysers van Masakhane Primary School wat vir die leerders van die Eko-skole Projek verantwoordelik is, met vlnr Zweni Nombuyiselo, Ndyebo Mgogi en Nosandla Kotsana

” Marlette sê sy is tans besig om die laaste toutjies van haar projekte bymekaar te kry en verwys vir oulaas na Masakhane se tuinprojek by Masakhane Primary School wat steeds suksesvol bedryf word. “Die eerste groentes is al opgelewer en ek is baie opgewonde oor hulle sukses met die groentetuin,” vertel sy. Zweni Nombuyiselo, Ndyebo Mgogi en Nosandla Kotsana is die drie onderwysers wat vir die Eko-skole Projek se leerders verantwoordelik is en hulle is sommer baie trots op die leerders se groentetuin. Tans is daar tamaties, spinasie, wortels, beet en blomkool in die groentetuin, wat netjies met ‘n beskermde net toegemaak is. Hulle het weer eens vir I & J Perlemoenplaas vir die skenking van omheiningsmateriaal vir die groentetuin bedank, en bedank ook graag vir Gina Booysen van die Toerismekommitee, asook die Eko-skole Projek vir al die hulp en ondersteuning om die projek te kan bedryf.

Marlette verwys ook na die Buitelugklaskamer by Laerskool Gansbaai wat vroeg in Februarie geopen sal word en waarheen Gansbaai Courant reeds uitgenooi is. Dit is deur Pieter Strauss van Root to Grow geskep en word deur Gansbaai Superspar geborg. Die Ekoklub-koördineerder, Vickie Cilliers, is die ywerige en opgewonde koördineerder van die projek.

Hardus Botha

Masakhane se groentetuin

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles