Masakhane se groentetuin

Masakhane se groentetuin

Gansbaai Courant

 “Met ingang van 2014 is ek nie meer die Eko-skole se koördineerder in Gansbaai nie, maar ek bedank graag Gansbaai Courant vir die goeie ondersteuning wat ek deurgaans ontvang het,” sê Marlette Longland. “Al Gansbaai en Stanford se skole sal voortaan saam met Hermanus se skole gekoördineer word, met Anina Lee wat vir inligting oor die nuusgebeure sal sorg.

Die drie onderwysers van Masakhane Primary School wat vir die leerders van die Eko-skole Projek verantwoordelik is, met vlnr Zweni Nombuyiselo, Ndyebo Mgogi en Nosandla Kotsana

” Marlette sê sy is tans besig om die laaste toutjies van haar projekte bymekaar te kry en verwys vir oulaas na Masakhane se tuinprojek by Masakhane Primary School wat steeds suksesvol bedryf word. “Die eerste groentes is al opgelewer en ek is baie opgewonde oor hulle sukses met die groentetuin,” vertel sy. Zweni Nombuyiselo, Ndyebo Mgogi en Nosandla Kotsana is die drie onderwysers wat vir die Eko-skole Projek se leerders verantwoordelik is en hulle is sommer baie trots op die leerders se groentetuin. Tans is daar tamaties, spinasie, wortels, beet en blomkool in die groentetuin, wat netjies met ‘n beskermde net toegemaak is. Hulle het weer eens vir I & J Perlemoenplaas vir die skenking van omheiningsmateriaal vir die groentetuin bedank, en bedank ook graag vir Gina Booysen van die Toerismekommitee, asook die Eko-skole Projek vir al die hulp en ondersteuning om die projek te kan bedryf.

Marlette verwys ook na die Buitelugklaskamer by Laerskool Gansbaai wat vroeg in Februarie geopen sal word en waarheen Gansbaai Courant reeds uitgenooi is. Dit is deur Pieter Strauss van Root to Grow geskep en word deur Gansbaai Superspar geborg. Die Ekoklub-koördineerder, Vickie Cilliers, is die ywerige en opgewonde koördineerder van die projek.

Hardus Botha

Masakhane se groentetuin

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles