Dapper Stappers gereed

Dapper Stappers gereed

Gansbaai Courant

Strandveld Voetslaanklub se stappers is gereed vir 2014,” vertel Roelof Diener. “Ons het verlede jaar tydens ons jaarafsluiting by Flower Valley op ‘n lekker en interessante jaarprogram besluit.” Hy sê hulle het 11 persone gekry om die dapper-stappers elke eerste Saterdag van die maand na interessante plekke te neem en op mooi roetes te vergesel.

Die klub se tweede staptog is op Saterdag, 1 Februarie, wat ‘n mooi en grootliks ongerepte deel van die kuslyn sal behels. Hulle stap begin by die aansluitingspad wat na die vissersdorpie, Buffeljachts gaan. Dan volg hulle die pragtige sandstrand-roete verby die oorblyfsels van ‘n skeepswrak. “Naby die vuurtoring van Quoin Point stap ons verby die huisies wat aan die mense van Elim behoort en ons sal daar naby stop vir ietsie om te eet en te drink, wat jy self moet saambring.” Daarna stap die groep die rotsagtige kuslyn tot by Die Dam Vakansie-oord, waar die voertuie op hulle wag om na Gansbaai terug te keer. Hulle vertrek oudergewoonte om 07:00 vanaf die Gansbaai Superspar se parkeerterrein, regoor Gansbaai Inligtingsentrum en almal is welkom.

“Ons vra geen toegangsgelde nie, maar versoek voornemende stappers wat saam met ander gaan ry, om ‘n donasie vir brandstof van tussen R40 en R50 saam te bring. “Kom met lekker gemaklike stapskoene, asook ‘n klein rugsakkie om iets te drinke en iets te ete in te dra. Bring asb ook ‘n warm/reën- of windbaadjie saam, want ons het al in sonskynweer begin en dan reën dit ‘n paar uur later,” sê Roelof, wat by 082-552-5444 gekontak kan word.

Hardus Botha

Dapper Stappers gereed

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles