Soos dou... werk die Heilige Gees

Soos dou... werk die Heilige Gees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, HERE, hulle sal opstaan. Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is! Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, HERE, die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.” 

(Jesaja 26:19)

Toe ek vanoggend vroeg opstaan en buitetoe gaan...sien ek die wonderwerk!  Ek stap vir die eerste keer in jare oor die nat gras en besef: Die HERE se wonderwerke hou nie op nie – dit gebeur voor ons oë elke nag! DOU op die gras, die plante, die aarde! Sonder dat ons dit agterkom, vorm daar deur die nag dou en die aarde word nat. ’n  Wonderwerk van GOD! Besef jy dit is ook hoe GOD, die Heilige Gees, in ons lewens werk? Sonder dat ons dit agterkom vorm die Heilige Gees in ons lewe druppels van seën en krag – en ons wat droog en dor is word natgemaak deur Sy liefde! Ja, terwyl ons slaap, werk die dou – so ook die Heilige Gees om dié wat besig is om te sterf, weer nuut te maak!

In Israel en ook groot dele van die aarde, is dit woestynagtig. Daar is ’n baie lae reënval. Daarom is dou in sulke woestyngebiede dikwels die enigste bron van water – en hoe min of skaars die dou ook al is, dit geen lewe. Hoe gebeur dit? Die dou wat in die nag gevorm word, gaan lê op die grassies, plante en blare. Voor die son te warm word vorm dit waterdruppels wat dan teen die blare en stingels afhardloop – tot in die wortelstelsel waar die dou dan groei veroorsaak. Die wortels laat weer vrugte te voorskyn kom.

GOD se Heilige Gees beweeg ook in jou hart in – en dan vul dit jou hele lewe met ware geestelike krag – onsigbaar – maar só doeltreffend. Hoe meer jy GOD vra om jou met Sy Gees te vul, hoe oorvloediger word die vrugte in jou lewe. Soos die aarde wag op die dou van elke nag, kan jy maar net wag dat GOD se krag jou vul.  Jou gebed moet een wees van: “Kom Skeppergees, kom waai deur my, vul my meer en meer met U krag .”

Sonder die kragtige werking van ’n amper onsigbare krag, die dou, sal die aarde verdor en doodgaan. Hoeveel te meer nie ons as kinders van die HERE Jesus Christus nie. Ons moet elke dag verlangend en soekend die krag van GOD in ons lewe innooi. Ons moet Sy Woord lees en in gebed verkeer –sodat GOD se volk weer lewend kan word!

“Kom, o Heilige Gees, kom vul my nou!”

Soos dou... werk die Heilige Gees

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles