Blog

Gansbaai Superspar Se Blokman Tree Af

Gansbaai Superspar Se Blokman Tree Af

Gans-Berg Nuus / News

Image

Gansbaai Superspar Se Blokman Tree Af

-Stanley Ferreira, 32 jaar onafgebroke diens-

Na 32 jaar se onafgebroke diens as Spar-Blokman het Stanley Ferreira besluit om op 31 Desember 2023 af te tree. “My gesondheid is nie meer wat dit was nie en ek het besluit om na ‘n rustiger leefwyse oor te skakel,” het Stanley gesê. Stanley is oorspronklik van Willowmore, maar is reeds sedert 1989 (34 jaar) ‘n volbloed Gansbaaier.

Stanley se Spar-loopbaan het by die destydse Spar, waar Watertech Plumbing vandag is, begin. Daarna het hy saamgetrek na waar Gansbaai OK Foods vandag is en vandaar na Gansbaai Superspar in die Great White Junction. Van die 32 jaar diens, was sy laaste 18 jaar by Gansbaai Superspar, waar hy sowat 3 jaar gelede as Bestuurder aangestel is.

Vir die tydperk Maart 2014 tot Maart 2017 het Stanley bekendgestaan as Gansbaai se ‘Roomysman’. ‘n Onbekende weldoener het vir sowat 3 jaar elke dag ‘n draairoomys aan hom geskenk - hy moes dit net by Gansbaai Wimpy gaan afhaal en eet! “Ek het altyd gedink dit is ‘n groot voorreg, maar nadat ek my 2,464ste draairoomys geëet het, het ek besluit genoeg is nou genoeg - ek kon nie meer verder nie!”

Stanley se groot passie in die lewe het in 2010 posgevat toe hy intensief en man-alleen by alkoholverslaafdes betrokke geraak het. Later het dwelmverslaafdes bygekom. “Omdat ekself vir jare die pad van alkoholverslawing geloop het en by die dood omgedraai het, het ek groot begrip vir mense se vrese wat hulle verhoed om by organisasies aan te sluit,” het Stanley destyds gesê. Hy het op sy eie met ondersteuning en berading begin en is later amptelik as ‘Berader vir Alkoholisme’ geregistreer.

Hierdie gemeenskapsmens, wat altyd agter die skerms gewerk het, was ook deurgaans by liefdadigheids- en voedselprojekte aan minderbevoorregtes betrokke - ook op sy eie, maar met donateurs wat hom ondersteun het. Met sy alkohol-verwante besoeke aan verslaafdes, het hy ook die groot nood in daardie gesinne se huise gesien. “Dit het my genoop om projekte op die been te kry om van hulp te kon wees,” het hy gesê.

“Na my aftrede is ek nie van plan om op my stoep te gaan sit en niks doen nie,” het Stanley gesê. “Ek wil net na ‘n rustiger leefwyse oorskakel.” Stanley is as toesighouer van die karavaanpark en slaghuis op die plaas, Akkersdrif van Wessels Swart naby Napier, aangestel. “Ek sien uit na die pragtige plaas en die rustigheid wat daarmee gepaard gaan,” sê hy.

“Ek bedank graag my getroue kliënte oor die jare heen vir hul ondersteuning en vriendelikheid,” het Stanley gesê. “Maar ‘n groot dankie gaan aan Morkel en De Wet van Niekerk van Gansbaai Superspar - dit was vir my ‘n voorreg om vir hulle te kon werk.”

 
Hardus Botha
Gansbaai Superspar Se Blokman Tree Af

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
Exploring Pollinators and Fynbos at Grootbos Discovery Hub

Exploring Pollinators and Fynbos at Grootbos Discovery Hub

The Gansbaai Gardening Club visited Grootbos Discovery Hub to learn about pollinators and fynbos ecosystems.

Grootbos Foundation
24-Hour Emergency Refrigeration Support

24-Hour Emergency Refrigeration Support

Fast response for refrigeration emergencies

See All Articles