Wynproegilde dink aan CAD

Wynproegilde dink aan CAD

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Helmie de Vries van Gansbaai Wynproegilde oorhandig die elektroniese oorbetalingsbewys ten bedrae van R5,000 aan Mike Kemp, voorsitter van Gansbaai CAD

“Ons het gevoel om dit wat ons kan geniet, maar nie deur ander geniet mag word nie, met hulle deur middel van ‘n donasie te deel,” het Helmie de Vries, voorsitter van Gansbaai Wynproegilde tydens die oorhandiging van R5,000 aan Gansbaai CAD gesê. Die Wynproegilde se lede het die bedrag eenparig tydens ‘n onlangse vergadering (berig in volgende uitgawe) goedgekeur.

Helmie het die elektroniese oorbetalingsbewys op Maandag, 3 Februarie 2014 aan Gansbaai Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD) se nuwe voorsitter, Mike Kemp, oorhandig. Die CAD is ‘n selfhelpgroep waar ondersteuning van baie groot waarde is, veral wanneer ‘n persoon, ná rehabilitasie, deur ‘n sentrum ontslaan word. “5 tot 6 weke in ‘n rehabilitasiesentrum beteken baie vir ‘n persoon wat ernstige alkoholverwante probleme ondervind het, maar dit is nie lank genoeg nie,” sê Mike. “Vir die tydperk daarna is dit van kardinale belang dat so ‘n persoon ondersteun moet word en dit is waarvoor die CAD daar is.” Hy sê fondse wat op hierdie wyse bekom word, word hoofsaaklik aangewend as hulp vir persoonlike benodigdhede wanneer ‘n persoon deur ‘n rehabilitasie-sentrum opgeneem word. Soms probeer die CAD ook om ‘n bydrae tot die kostes verbonde aan so ‘n opname, wat ‘n baie duur proses is, te lewer. “Behalwe vir ondersteuning ná rehabilitasie, plaas ons ook baie klem op Christelike versorging omdat die verlede geleer het dat ‘n persoon se saak met die Here reg moet wees, anders val hy of sy weer terug,” sê Mike. Tans is daar sowat 14 lede in die groep wat elke tweede Maandag bymekaarkom.

Vir enige navrae oor Gansbaai CAD kan Mike by 072-070-3055 gekontak word.

Hardus Botha

Wynproegilde dink aan CAD

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles