Lynette by huldeblyk afskeid

Lynette by huldeblyk afskeid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit was ‘n groot voorreg en vreugde om die emosionele, maar terselfdertyd vreugdevolle huldeblyk-afskeid van Joan Brickhill in Kaapstad te kon bywoon,” vertel Lynette van Wyk van Gansbaai, ‘n voormalige en professionele balletdanseres.

“Vriende, bewonderaars en voormalige kollegas van Joan het met rose, sang en dans van haar afskeid geneem.” Joan Brickhill is op 15 Januarie 2014 in Johannesburg in die ouderdom van 89 jaar oorlede.

‘n Trotse Lynette van Wyk saam met die bekende Alvon Collison tydens ‘n huldeblyk-optrede ter nagedagtenis aan wyle Joan Brickhill

Sy was ‘n wêreldbekende persoonlikheid in die vermaaklikheidswêreld en het ook vele jong kunstenaars gehelp om op die been te kom. Die Baxter Teater Konsertsaal in Kaapstad was tydens die huldeblyk-afskeid volgepak, met sowat 18 “groot name” in die vermaaklikheidswêreld wat aan ‘n spesiale huldeblyk-vertoning deelgeneem. Op die middel-verhoog was ‘n enorme rangskikking van geel rose - ‘n roos wat as die “Joan Brickhill Rose” bekendstaan. Die bekende Brickhill-Burke Productions is deur haar en haar eggenoot, Louis Burke gestig. Joan was ook die eerste persoon wat “extravaganza” na die Suid-Afrikaanse verhoog gebring het. ‘n Goeie vriend van Lynette, die bekende sanger en TV-persoonlikheid, Alvon Collison, was een van die organiseerders en het spesiaal vervoerreëlings getref sodat Lynette die verrigtinge kon bywoon. Hy het ook as seremoniemeester opgetree. “Alvon was een van dié saam met wie ek jare gelede in opvoerings opgetree het en hy is ook die een wat ‘Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat’ vervolmaak het.

Hy staan nie verniet vir meer as 35 jaar as Suid-Afrika se Mr Showbiz bekend nie,” vertel ‘n trotse Lynette. Sy kon na vele jare weer met hom en vele van haar voormalige vriende en kollegas in die vermaaklikheidswêreld gesels en kuier, “al was dit tydens ‘n hartseer oomblik van finale afskeid.” Alvon het spesiaal die foto van hom en Lynette aan Gansbaai Courant vir publikasie gestuur. “Berge en dale ontmoet mekaar nooit, maar mense wel!” was Lynette se laaste woorde tydens die onderhoud met haar.

Hardus Botha

Lynette by huldeblyk afskeid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles