Veiligheidsmaatreels is die uitgawe werd

Veiligheidsmaatreels is die uitgawe werd

Gansbaai Courant

Dit kos gewoonlik net 'n paar honderd rand per maand om tot beter sekuriteit, soos hekwagte, kameras of toegewysde patrollies, in 'n woonbuurt by te dra - en dis 'n geringe uitgawe as 'n mens in ag neem tot watter mate sulke maatreëls die waarde van huise, sowel as lewens en eiendom beskerm. 

Dit is die mening van Jan Davel, besturende direkteur van die RealNet-eiendomsagentskapgroep, wat daarop wys dat pryse in gebiede met beperkte toegang en waar daadwerklike maatreëls vir gemeenskapsveiligheid sigbaar is die afgelope jaar met tot 25% toegeneem het teenoor die gemiddelde toename in landswye huispryse van sowat 9%.  

"Sekuriteit is sonder twyfel die meeste huiskopers se grootste oorweging en mense wat verkies om nie in deeltitel-komplekse of afgesperde landgoedere te woon nie is klaarblyklik bereid om 'n stewige premie te betaal in woonbuurte waar 'n sterk inwoners- of belastingbetalers-vereniging doeltreffende veiligheids-maatreëls ingestel het," sê hy. 

Statistiek van Lightstone, die maatskappy wat data oor eiendom verskaf, toon byvoorbeeld dat die gemiddelde huisprys in die omheinde voorstad Wapadrand in Pretoria die afgelope jaar met 13% toegeneem het, terwyl pryse in die naasliggende Wilgers sedert 1012  onveranderd was. 

"En in Menlo Park, waar inwoners omvattende veiligheids-maatreëls wat 'n paar jaar gelede deur die plaaslike belastingbetalersvereniging ingestel is, daadwerklik ondersteun, het die gemiddelde huisprys met 25% gestyg teenoor 13% in die naasliggende Brooklyn." 

En in Johannesburg, sê Davel, het die gemiddelde prys in Parkview, wat alombekend is vir goeie veiligheidsinisiatiewe, die afgelope jaar met 16% gestyg, teenoor 13% in die naasliggende - en baie gewilde - Greenside, net 3% in Parkwood en 'n afname van 5,8% in Parktown.

"Terselfdertyd het gemiddelde huispryse in Bedfordview, wat die afgelope jaar die hoofopskrifte vir al die verkeerde redes gehaal het, met net 3% gestyg teenoor 16% in  Dunvegan, die naasliggende voorstad in Ekurhuleni, wat nie so luuks is nie maar wat as veel veiliger deur huiskopers beskou word." 

Gevolglik, sê hy, behoort inwoners van veilige woonbuurte nie bydraes tot beter veiligheid as 'n onnodige finansiële las te beskou nie. "Hoe meer gesinne bydra, hoe laer is die koste vir elk - en die somtotaal is waarskynlik baie kleiner as die koste verbonde aan die verkoop van 'n huis en die koop van 'n nuwe huis in 'n sekuriteitslandgoed om dieselfde doel te bereik."

Veiligheidsmaatreels is die uitgawe werd

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles