Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

In die laaste week van Januarie het verskeie kompetisies plaasgevind waaraan spelers van Franskraal Rolbalklub deelgeneem het. Op Dinsdag en Woensdag, 28 & 29 Januarie is die Franskraal mans- en dames parespel kampioenskap plaaslik beslis. Dit het goeie rolbal opgelewer wat in ideale weersomstandighede gespeel is, wat bygedra het dat 'n aangename gees onder spelers geheers het. In die mansafdeling het veral twee beginner-spelers die oog gevang met die gehalte van hulle spel. Jaco Swart en Johan Fick het geensins teruggestaan vir meer ervare spelers nie en saam met hulle maats, Tommie van Niekerk en Gideon Pienaar onderskeidelik goud en silwer gewen.

Regs: Marie Pretorius (links) en Kim Breach.

'n Gees van opwinding het veral onder die dames geheers en ook in hierdie afdeling is kwaai meegeding voordat Kim Breach en Marie Pretorius na hulle derde probeerslag daarin geslaag het om die titel te wen. Hettie Lass en Liz Nowers was tweede.

Op Saterdag en Sondag, 1 & 2 Februarie het uitdunrondtes van die Boland mans enkelspel kompetisie by Franskraal, Hermanus en Kleinmond plaasgevind. Spelers van Franskraal het hulle weer deeglik laat geld met Tommie van Niekerk wat tot die laaste agt spelers gevorder het en nou moet meeding vir die wenposisie.

Jan Fouché het presteer deur 'n gereëlde Boland speler die loef af te steek, maar dit was nie genoeg om hierdie speler se vordering na die laaste rondtes te keer nie. Nogtans geluk aan Tommie wat Franskraal se naam hoog gehou het.

Pieter Conradie

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles