Rolbalnuus

Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die laaste week van Januarie het verskeie kompetisies plaasgevind waaraan spelers van Franskraal Rolbalklub deelgeneem het. Op Dinsdag en Woensdag, 28 & 29 Januarie is die Franskraal mans- en dames parespel kampioenskap plaaslik beslis. Dit het goeie rolbal opgelewer wat in ideale weersomstandighede gespeel is, wat bygedra het dat 'n aangename gees onder spelers geheers het. In die mansafdeling het veral twee beginner-spelers die oog gevang met die gehalte van hulle spel. Jaco Swart en Johan Fick het geensins teruggestaan vir meer ervare spelers nie en saam met hulle maats, Tommie van Niekerk en Gideon Pienaar onderskeidelik goud en silwer gewen.

Regs: Marie Pretorius (links) en Kim Breach.

'n Gees van opwinding het veral onder die dames geheers en ook in hierdie afdeling is kwaai meegeding voordat Kim Breach en Marie Pretorius na hulle derde probeerslag daarin geslaag het om die titel te wen. Hettie Lass en Liz Nowers was tweede.

Op Saterdag en Sondag, 1 & 2 Februarie het uitdunrondtes van die Boland mans enkelspel kompetisie by Franskraal, Hermanus en Kleinmond plaasgevind. Spelers van Franskraal het hulle weer deeglik laat geld met Tommie van Niekerk wat tot die laaste agt spelers gevorder het en nou moet meeding vir die wenposisie.

Jan Fouché het presteer deur 'n gereëlde Boland speler die loef af te steek, maar dit was nie genoeg om hierdie speler se vordering na die laaste rondtes te keer nie. Nogtans geluk aan Tommie wat Franskraal se naam hoog gehou het.

Pieter Conradie

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles