Prestige aand vir Kushengelaars

Prestige aand vir Kushengelaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

2013 se Kushengelkampioene, met voor vlnr Eldo Marais, Oubaas Lesch, Frans Claassen (voorsitter) en Morné Olivier. Agter vlnr Jan de Kock, Gustav Groenewald, Louis Otto, Sihan Toua, Riaan van Staden en Maynard van Niekerk (Jnr)

Die Overberg Kushengelklub se prestige jaareind- en prysuitdelingsfunksie is deur groot opwinding en geselligheid gekenmerk. “Ons klub is maar net twee jaar oud, maar dit het met rasse skredes gegroei,” het voorsitter Frans Claassen gesê.

Die hoogtepunt van die jaareindfunksie was natuurlik die bekendmaking van 2013 se kushengelkampioene en die oorhandiging van welverdiende sertifikate en trofeë deur Frans.
Nuwe klubrekords is vir die volgende visspesies aangeteken: Belman (Gustav Groenewald; Kolstert (Maynard van Niekerk Jnr); Cape Moony (Arnold van der Merwe); Hottentot (Riaan van Staden); Wildeperd (Jan de Kock); Kabeljou (Eldo Marais); Witsteenbras (Oubaas Lesch). 2013 se trotse Trofeë-wenners is: Grootste Galjoen - 1.97kg (Oubaas Lesch); Grootste Kabeljou - 6.7kg (Eldo Marais); Grootste Steenbras - 12.78kg (Oubaas Lesch); Voorsitterstrofee (Maynard van Niekerk Snr); Meeste Gewig - 53kg (Oubaas Lesch); Derde plek (Louis Otto); Reserwe Kampioen (Morné Olivier); Kampioen Hengelaar (Oubaas Lesch).

“Dit is ook vir my ‘n groot voorreg om ons se eerste Klub 50 se orde-toekenning aan te kondig - Oubaas Lesch,” het Frans trots gesê. “Oubaas is die eerste persoon wat tot hierdie orde toegelaat is, nadat hy reeds vroeg in die jaar meer as 50kg vis gedurende klubkompetisies gevang het.” Frans het gesê die volgende mikpunt van die klub is Klub 100, gevolg deur Klub 250, Klub 500 en Klub 750 tot by Klub 1,000.

Tydens die jaarvergadering is daar ook besluit op die instelling van ‘n 10-spesie kompetisie wat dwarsdeur die jaar gehengel gaan word en waaraan almal, ook nie-klublede, sal kan deelneem. Nadat die formaliteite en prysoorhandigings afgehandel is, is daar heerlik aan Gesie Nel, Athely Viljoen en Karin Otto se smaaklike disse gesmul. Daarna was dit net gesellig saamkuier, met die jeukende dansvoete wat tot laataand op die dansvloer gekrap kon word.

Vir navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Prestige aand vir Kushengelaars

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles